×
Skakel na Engels

Drie gesonde skemerkelkies

Dit bevat soveel gesonde bestanddele dat dit ámper gesondheidsdrankies is!

1.  TUINPARTYTJIE

 

Bestanddeel wat goed is vir jou: AARBEIE

Dié rooi juweeltjies gee jou hart- en breingesondheid ’n hupstoot en dis propvol vitamien C en foliensuur. Versoet dié drankie daarmee: Meng 3 aarbeie, 2 basilieblare en ½ t balsamiese asyn. Voeg 60 ml ligte rum en 15 ml agawestroop by. Druk 7 ml lemmetjiesap daarin uit, skud en voeg sodawater by.

 

 

2. STILLE STORM

 

Bestanddeel wat goed is vir jou: GEMMER

Dié gesonde wortel verlig spierpyne en menstruasiekrampe en kan dalk kanker beveg. Meng 15 ml gemmerbier met 15 ml suurlemoensap, 30 ml wortelsap (jy kan dit in winkels koop), 45 ml vodka en 7 ml verdunde heuning (2 dele heuning en 1 deel warm water). Giet deur ’n sif en sit met ys voor. Dis ’n heerlike alternatief vir vodka en tamatiesap (’n Bloody Mary) by ’n laatontbyt.

 

 

3.  DRIEKUNS

 

Bestanddeel wat goed is vir jou: GROENTEE

Dié blare kan jou teen ’n rits gesondheidsprobleme help beskerm, van gaatjies in jou tande tot hooikoors en selfs kanker. Maak ’n glas vol ys en voeg 60 ml onversoete groentee, 22 ml lemoenlikeur (triple sec) en 30 ml sauvignon blanc daarby. Roer en garneer met ’n lemmetjieskyfie. Die lemoenlikeur versoet die vars kombinasie van witwyn en groentee. Dis so verfrissend!

 

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Probeer dié nuwe vrugtige wyndrankies

Kom vriende die naweek by julle braai? Probeer dié nuwe vrugtegegeurde wyne van Arniston Bay Wines. Dis heerlik saam met...

Close