×
Skakel na Engels

Draai die horlosie terug

Om jou liggaam te verstaan, kan jou help om langer gesond te bly. Só kan jy jou lyf teen die toekoms pantser

Kommer oor jou gesondheid kom en gaan, en dis nie altyd maklik om te sê of daardie snaakse steekpyn heeltemal normaal is of nie. Gelukkig kan jy, as jy leer hoe jou liggaam met die tyd verander, weet wat om te verwag en wat jy ernstiger moet opneem. Op dié manier kan jy jou gesondheid teen die toekoms pantser.

 

 

Dis nooit te laat om na jouself te begin omsien nie. Dié vyf wenke sal terselfdertyd jare by jou gesondheid voeg en jóú jare jonger laat lyk:

 

  1. Ontwikkel goeie gewoontes vir die toekoms: doen op die meeste dae van die week minstens ’n halfuur lank aërobiese oefeninge, en weekliks ’n Pilates- of jogasessie vir soepelheid en om jou kernspiere te versterk. Volg ’n laevet-dieet en hou jou energievlakke hoog deur ’n bietjie proteïen by elke maaltyd te voeg om die opname van koolhidrate te vertraag, en jou bloedsuiker stabiel te hou.
  2. Dra sonskerm met ’n hoë-SPF op jou gesig om jou teen velskade te beskerm en om plooie en ouderdomsvlekke te beperk. Kies een met sowel UVA- as UVB-beskerming.
  3. Praat met jou dokter oor die moontlikheid van ’n kardiovaskulêre risiko-assessering. Deur jou gewig, bloeddruk en cholesterolvlakke te meet en ook na jou familiegeskiedenis van hartsiektes en leefstylfaktore te kyk, kan jou dokter jou risiko op beroerte of hartsiekte bepaal en maniere voorstel hoe jy jou risiko kan verminder.
  4. Laat jou oë gereeld toets om jou sig na te gaan en enige vroeë tekens van oogsiektes soos gloukoom of katarakte op te tel. Oogtoetse kan ook die eerste tekens van toetande soos suikersiekte of hoë bloeddruk uitwys.
  5. Doen gereeld oefeninge wat jou bekkenbeen sal versterk. Hoewel dit op elke ouderdom belangrik is, is dit veral belangrik dat jy dit in die jare voor menopouse doen wanneer jou spiere swakker word.

 

Teks het oorspronklik in Good Housekeeping UK verskyn.

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Watter tipe neut is jy?

Volgens wetenskaplikes kan jou gunsteling-neut dalk baie oor jou verklap

Close