×
Skakel na Engels

Doendinge vir die komende naweek

Vat die pad en gaan verken jou stad
naweek

Hier is ’n paar geleenthede en aktiwiteite wat hierdie naweek, van 15 tot 17 September 2017, oor die land heen plaasvind – daar’s iets vir almal!

Wes-Kaap

1. Herdefinieer jou verhouding met geld by die Women & Wealth-geleentheid, waar sprekers hul eie verhale van geldelike onafhanklikheid sal deel, asook belangrike lesse oor hoe om jou geld te laat groei.

16 September 2017 | 08:30 tot 13:30 | Radisson Blu, V&A Waterfront | R150 vir volwassenes (18 jaar en ouer) en R70 jong volwassenes (13 tot 17 jaar)

 

2. ’n Jaarlikse hoogtepunt in die Moederstad, die Kaapstad-marathon, sal in die middestad plaasvind. Deelnemers kan uitsien na ’n pragroete deur ikoniese strate en verby historiese geboue op Sondag 17 September 2017. 

17 September 2017 | 07:00 | Kaapse middestad | Verskillende kostes; begin by R50 

 

Gauteng

3. Divas Who Rock is ’n feesviering van vroulike rockmusiek. Die vertoning bestaan uit 10 sterre wat die verhoog aan die brand gaan sing en jou beslis op jou voete sal hou! Die talentvolle vyf voorsangers, twee dansers en ’n orkes van vier bring hulde aan die divas van toeka tot nou – van die 60’s tot vandag.

15 en 17 September by die Barnyard-teater in die Silverstar-casino | 16 September by die Barnyard-teater in Rivonia | Kaartjies kos vanaf R130 by The Barnyard Theatre

 

4. Die Oktoberfest by die Duitse Internasionale Skool in Pretoria is Suid-Afrika se oorspronklike Oktoberfees, waar meer as 100 000 mense in eg Duitse styl onder die Afrika-son feesvier. Kom geniet tradisionele Duitse geregte en ’n yskoue bier.

14 tot 16 September | Die Duitse Internasionale Skool, Pretoria | Kaartjiepryse wissel van R90 tot R130 op Webtickets 

 

KwaZulu-Natal

5. Die Durban Comedy Club is ’n vertoning met ’n hele rits skreeusnaakse Suid-Afrikaanse komediante wat jou van ’n onvergeetlike aand sal verseker!

 

16 September | The BAT Centre | Kaartjies kos R120 by Computicket

 

6. Wys jou waardering vir ons kuslyn deur jou by die International Coastal Cleanup-inisiatief aan te sluit. ’n Probleem so groot soos al die plastiek in ons oseane, verg ’n gróót reaksie! Neem deel aan dié inisiatief en maak só ’n verskil – elke bietjie help.

16 September | 08:30 tot 10:30 | Bluff-strande | Gratis toegang

 

LEES OOK:

3 maniere om jou huis oor ’n naweek op te kikker

Die ideale boeke om oor ’n naweek te lees

Knap só jou kombuis in ’n naweek op …

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Aktiwiteitsmonitors

Hoekom sal jy jou foon gedurende oefening wil saamdra as jy beter gesondheidsdata van ’n slim, bekostigbare fiksheidsbandjie aan jou...

Close