×
Skakel na Engels

Dít is hoe lank jy jou pajamas behoort te dra voordat jy dit was!

Mense dra hul pajamas elke nag vir nagenoeg agt uur en tog word dit nie genoeg gewas nie. Hoe dikwels moet jy dus jou pajamas was en wat is die risiko’s as jy dit nie doen nie? Deur Francesca Menato
pajamas

Jy wissel jou pajamas gedurende die week af of jy los die wasgoed vir iemand anders; dit is alles verskonings om nie jou pajamas genoeg te was nie. Hoe lank is te lank?

Hoe dikwels behoort jy jou pajamas te was?

’n Onlangse studie het bevind dat mense hul pajamas vir so lank as twee weke of meer dra!

As ’n reël behoort jy jou pajamas minstens elke week te was.

Die reuktoets, die algemeenste metode om te toets of iets skoon is, is nie akkuraat genoeg nie. Uit dié wat tydens die studie gevra is, het 50% mans en 41% vroue erken dat dít die metode is wat hulle gebruik om te besluit of hulle hul pajamas in die was moet gooi.

Hoekom?

Bakterieë kan op jou pajamas saampak. Die olierige neerlaag op jou vel is dikwels vol bakterieë wat na jou pajamas versprei word. Dit kan snye laat ontsteek, of aknee of selfs sistitis veroorsaak.

Net soos jou handdoeke, tel jou pajamas geweldig baie dooie velselle op, veral omdat mense baie in hul slaap beweeg en sweet.

Om dit boonop erger te maak, kan al die grillerige goed op jou pajamas na ander kledingstukke in die wasmasjien versprei as jy dit te lank los.

Hoe om jou pajamas te was

“Lees die etiket soos met ander wasgoed,” sê Verity Mann van Good Housekeeping in die Verenigde Koninkryk.

Katoenpajamas moenie by ’n temperatuur hoër as 40 grade gewas word nie omdat dit kan krimp. As dit geborselde katoen is, wees bewus van bygevoegde vesels wat beteken dat dit op ’n delikater siklus gewas moet word. Flanel moet byvoorbeeld soos wol behandel word.

“Pajamas van sy of satyn moet delikaat hanteer word,” sê Verity. “Die kleure verdof vinniger; dus moet jy die top saam met die broek was om te keer dat die kleure onpaar lyk.”

Van: Good Housekeeping UK

FOTO: iStock/viki2win

LEES OOK:

Wasgoedwenke om jou strykwerk te verminder

8 maniere waarop jy jou wasgoed verkeerd was

Sal jy vir 10 jaar in dieselfde pajamas slaap?

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief