×
Skakel na Engels

Dít is hoe jy ’n fantastiese kinderpartytjie hou

Idees en inspirasie vir ’n feestelike partytjie!
kinderpartytjie

Doen dit self

Kinders is dol oor kos wat hulle self kan “bou”. Hier is idees:

1. Oosterse noedels en roerbraaigroente, -vleis en -souse.

2. Taco’s, wraps of pitabrode met ’n verskeidenheid vulsels.

3. Mini burgers met allerhande vulsels.

4. Roomyssundaes met ’n skinkbord vol lekker goed om bo-op te sit.

Smulkombinasies

Gesonder keuses vir kinders:

1. Plaas ’n halwe babatamatie op ’n wiggie van The Laughing Cow-kaas en steek dit met ’n tandestokkie vas.

2. Smeer Lancewood Superior Cream Cheese op Nature Valley Crunch Granola Bars en sprinkel strooiversiersel bo-oor.

3. Maak toebies met belVita-ontbytbeskuitjies en sjokoladesmeer.

Lees: 10 fantastiese kinderpartytjies wat jou mond sal laat oophang

Vat dit saam!

Lekkergoedkeëls is ideaal vir partytjiedekor en gastegeskenkies:

1. Vorm keëls uit stewige karton. Heg dit met gom of krammetjies vas.

2. Versier dit met washikleeflint, linte, tooisels of blinkers.

3. Nooi gaste om hul keëls met lekkers en happies uit ’n tamaai bak te vul.

Waatlemoen-koekies

1. Gebruik jou gunsteling-resep vir vanieljekoekies, druk ronde vorms uit, halveer dit met ’n mes en bak dit.

2. Laat afkoel. Meng intussen versiersuiker en water om ’n pasta te vorm. Verdeel tussen vier bakke; voeg pienk kleursel by die een, groen by die ander en swart by die derde bak.

3. Smeer die pienk versiersel met die agterkant van ’n lepel op. Spuit die groen en witversiersel met ’n versierspuit en laat set. Spuit swart traandruppels vir die pitte. Laat set en sit voor.

Die maklikste en lekkerste koek!

1. Bak of bestel ’n versierde plaatkoek.

2.  Sprinkel verskillende lekkers oor die koek se oppervlak. (Jy het sowat ses pakkies lekkers nodig.)

3. Versier dit met kersies, papiersambreeltjies, plastiekdiertjies of minivlaggies.

FOTO: iStock/KatarzynaBialasiewicz

LEES OOK:

5 wenke vir ’n uithaler-teepartytjie

7 fantastiese aanlyn winkels vir oulike ooievaarspartygeskenke

10 fantastiese kinderpartytjies wat jou mond sal laat oophang

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Kyk en leer: Kry die resep vir hierdie verruklike eenhoring-kolwyntjiekoek

Jou kinders sal hierdie kolwyntjiekoek soos soetkoek opeet!

Close