×
Skakel na Engels

Dít is hoekom vroue hul haarstyl ná ’n mislukte verhouding verander

’n Sielkundige verduidelik. Deur Sophia Hindes
hare

 

Selfs mense wat sedert ’n vyfjarige ouderdom dieselfde haarstyl het, is geneig om ’n drastiese verandering te ondergaan – dit is waarom haarstyle ná mislukte verhoudings en egskeidings so dikwels plaasvind. Maar het jy al ooit gewonder hoekom mense só reageer?

Volgens die sielkundige dr. Graham Hole het dit blykbaar alles te doen met hoe intiem jou hare met jou konsep van selfbeeld verbind word. Een rede waarom jy jou hare wil verander is om ’n mate van outoriteit te handhaaf nadat ’n verhouding verbreek is omdat dit vir mense kan voel asof hulle beheer oor hul lewens verloor het.

“Dit kan ook wees om ’n standpunt te maak en aan te kondig: “Ek is in beheer van my voorkoms, asook my lewe,” sê dr. Hole. Nog ’n rede waarom mense hul haarstyl of styl ná ’n mislukte verhouding verander, is om van hul vorige, ongelukkige self bevry te word.

Lees: Haat jy jou nuwe haarstyl? Dis wat jy kan doen

Dr. Hole beskryf dit as ’n “refleksie van ’n behoefte om die verlede te laat gaan.” As die “ou jy” dus lang, blonde hare het, sal jy dalk na ’n rooibruin bob wil oorskakel om jou nuwe lewe aan te gryp. Natuurlik is daar sommige mense wie se selfbeeld deur ’n mislukte verhouding aangetas word, en dit is waar hare ’n groot verskil kan maak.

“As ’n vrou voel haar mislukte verhouding is weens haar fisieke kenmerke, kan sy haar haarkleur verander sodat sy aantrekliker of jonger kan lyk,” verduidelik dr. Hole.

Dit is natuurlik hartseer om te dink dat ’n mislukte verhouding iemand se selfbeeld soveel skade kan berokken, maar hare speel duidelik ’n groot rol in hoe ons ons voorkoms sien. ’n Onlangse kleurverslag deur Wella het getoon dat meer as die helfte van vroue meer selfvertroue het nadat hulle die haarsalon besoek het.

’n Nuwe voorkoms ná ’n mislukte verhouding gaan daaroor om die verlede te laat gaan en ’n nuwe weg te baan – en as dit beteken dat jy uiteindelik dapper genoeg is om jou hare blond te kleur of jou hare te laat sny soos jy nog altyd wil, moet jy dit waag!

Van: Good Housekeeping UK

FOTO: iStock/knape ê

LEES OOK :

5 goed wat jy vir jou haarkapper moet sê voordat hy jou hare sny

Jou 8 vrae oor grys hare beantwoord

Hygge: die haarkleurneiging op pad na wêreldoorheersing

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Jou gids tot ongewenste gesighare

Glad, gladder, gladste – ons bespreek al die opsies!

Close