×
Skakel na Engels

Dít is hoe jy wasige glase skoonmaak en vlekke keer

Moeg vir glase wat vuil lyk, selfs wanner dit silwerskoon is? Hier is die oplossing! Deur Lauren Smith
glase

Jy het pas jou skottelgoedwasser uitgepak, maar jou glase lyk so vaal en asof hulle nog ’n was kort. Hoekom? Volgens Carolyn Forte, die direkteur van die Goeie Huishouding-instituut se skoonmaaklaboratorium in die VSA, kan daar een van twee oorsake wees: Die minerale in harde water vorm ’n lagie op jou glase, of jou skottelgoedwasser het die glase permanent gevlek. Indien dit eersgenoemde is, het jy die volgende skoonmaakhulpmiddels nodig om dit reg te stel.

Jy benodig:

  • witasyn 
  • koeksoda 
  • ’n mikrovesellap

Hoe om wasige glase skoon te maak

As harde water met baie minerale jou probleem is, kan jy eenvoudig jou glase vir vyf minute in wit asyn laat week. Omdat dit suur is, sal dit die mineraalneerslag oplos. As daar steeds hardnekkige wit vlekke is, vryf dit liggies met koeksoda af. Was dan die glase met die hand en droog dit met ’n mikrovesellap af (of enige doek wat nie wolletjies sal maak nie). 

Keer dat dit gebeur

As dit nie werk nie, kan dit beteken jou glase is permanent gevlek, en daarvoor is daar ongelukkig nie ’n kuur nie. “As die wasigheid ’n permanente vlek is, wat met sommige glasware in die skottelgoedwasser kan gebeur, is dit ongelukkig permanent en kan dus nie verwyder word nie,” sê Forte. Dis hoekom jy altyd jou kosbaarste glasware met die hand moet vas. 

In sommige dele van die land kan die kombinasie van sagte water (water sonder kalsium, magnesium en ander metale) en skottelgoedwasserseep permanente vlekke veroorsaak. As jy sagte water het, gebruik minder seep as wat aanbeveel word en haal die glase dadelik ná die wassiklus uit om die erge hitte van die droogmaakproses te vermy, want dít kan tot die vlekke bydra. Of gebruik ’n skottelgoedwasseep wat min of geen fosfaat bevat nie.

Foto: iStock/Oktay Ortakcioglu 

Van: Goodhousekeeping.com

 

LEES OOK:

Selfdoen-projek: Goudgeverfde glashouers

Ken jou glase

13 goed wat jy nooit in die skottelgoedwasser moet pak nie

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
13 goed wat jy nooit in die skottelgoedwasser moet pak nie

Ons sal beslis aanbeveel dat jy dié goed eerder met die hand was ...

Close