×
Skakel na Engels

Dít gaan 2018 se gewildste haarneigings wees

Al die inspirasie wat jy nodig het!
hare

Nuwe jaar, nuwe hare? As jy gewonder het watter haarstyle en -kleure vanjaar gaan oorheers, het jy na die regte plek toe gekom. Hier is die nuutste voorspellings vir 2018 se haarmodes. Ons kan nie wag om ons haarstyl te verander nie!

Pin hierdie artikel vir later! Volg Goeie Huishouding op Pinterest vir nog.

Supersteil lokke

Los en woeste krulle sal altyd die oog vang, maar indien jy tussen krulle en reguit hare moet kies, kan jy jou krultang vir eers wegsit. Steil hare gaan in 2018 groot nuus wees. 

Balayage version 9.13

A post shared by Julien (@julienbywaldorf) on

Lees ook: Hygge: die haarkleurneiging op pad na wêreldoorheersing

Die poniestert

Hierdie jeugdige voorkoms werk vir amper enige haartipe. Of dit nou hoog of laag vasgemaak word, die poniestert word alreeds op internasionale loopplanke gesien – en dís waar die nuutste neigings gewoonlik hul verskyning maak.

"Salına Salına Sinsice" Scrunchies ( Kumas Tokalar) Geri Donuyor ⠀⠀⠀⠀⠀⠀⠀⠀⠀⠀⠀⠀⠀⠀⠀⠀⠀⠀⠀⠀⠀⠀⠀⠀⠀⠀⠀⠀⠀⠀⠀⠀⠀⠀⠀⠀⠀🔹Uzun saclara olan egilim ivme kazaniyor! Bu ivme yaninda 80'ler ve 90'larin alamet-i farikalarindan "scrunchies" kumas tokalari beraberinde getiriyor. Biz de #Tarkan'dan Salina Salina Sinsice sarkisini, kumas tokalarin donusunu duyuran beyond kadinlarina ithaf ediyoruz. #sacindakitokaolayim 🎶 ⠀⠀⠀⠀⠀⠀⠀⠀⠀⠀⠀⠀⠀⠀⠀⠀⠀⠀⠀⠀⠀⠀⠀⠀⠀⠀⠀⠀⠀⠀⠀⠀⠀⠀⠀⠀⠀⠀⠀⠀⠀⠀⠀⠀⠀⠀⠀⠀⠀⠀⠀⠀⠀⠀⠀⠀⠀ #haileybaldwin ✨ #madonna ☄️ #jenniferlopez 💫 #ganni ⚡️ #scrunchies 💥 #80sfashion 🌈 #90sfashion🌈

A post shared by beyond (@magbeyond) on

Los vlegsels

Boho-sjiek is nog lank nie geskiedenis nie en losweg gevlegde hare, hetsy Frans, visstert- of gewoon, gaan beslis hierdie jaar die gewildste manier wees om jou hare uit jou gesig te hou. 

Die Afro

Ná ’n lang gewag het natuurlike hare se groot oomblik uiteindelik aangebreek. En met al hoe meer selebs wat met hul natuurlike lokke op die rooi tapyt spog, sal dit beslis ’n groot neiging onder ons “gewone” mense ook wees. 

Lees ook: Haarkleurskakerings wat jou jonger sal laat lyk

 

Warm, natuurlike blond

Wat kleur betref, is ons stadig maar seker besig om van ’n koue platinumblond na iets warmer en sagter te beweeg. Hierdie vars voorkoms is jeugdig en makliker om te dra as sy platinum-weergawe. 

Maak 2018 ’n jaar vir lieflike hare!

FOTO: iStock/Jasmina007

LEES OOK:

Jou 8 vrae oor grys hare beantwoord

Die perm spog met ’n nuwe baadjie

Dít is hoekom vroue hul haarstyl ná ’n mislukte verhouding verander

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
8 flieks wat jy nie in 2018 mag misloop nie

Dit lyk of 2018 ’n wonderlike jaar vir rolprente gaan wees! En daar is iets vir elke ouderdom en smaak.

Close