×
Skakel na Engels

Dít is die nuutste kleur vir strooimeisierokke in 2017

Kan jy maar wit dra as jy nie die bruid is nie? Dit lyk so! Deur Sophie Hines

Al is dit nog nie hoogseisoen vir Suid-Afrikaanse troues nie, is daar heelwat paartjies wat hul troudag vir die komende somer beplan. Daarom het ons gedink dat hierdie strooimeisierokke vir ’n bietjie welkome trou-inspirasie sal sorg.

Dit is ’n ou tradisie dat slegs die bruid op haar troudag wit dra, en die meeste van ons sal nooit daarvan droom om in ’n ivoorkleurige rok by iemand anders se troue op te daag nie. Deesdae is daar egter ’n groeiende neiging onder bruide om hul strooimeisies in wit uit te dos – en ons het ongetwyfeld ’n sekere koninklike troue om daarvoor te bedank.

Gallo Images/Getty Images

In 2011 het Pippa Middleton ’n treffende wit Alexander McQueen-rok by haar suster se troue gedra, en dit het klaarblyklik by mense vasgesteek, want die kleur is vandag hoogmode by troues.

Pinterest en Instagram word oorstroom met spierwit strooimeisierokke; trouens, sommige bruide verkies om in ’n ander kleur te trou – soos hierdie vuilpienk nommer – terwyl hul strooimeisies ’n ligter skakering dra.

 

A post shared by Yazzen Omar (@yazzenphotography) on

Hier is ‘n paar van ons gunsteling-strooimeisierokke … 

A post shared by Bride de Force (@bridedeforce) on

 

A post shared by VOWS of Style (@vowsofstyle) on

 

A post shared by Apryl Dailey (@aprylannphoto) on

 

A post shared by Tibby & Rose (@tibbyandrose) on

Uit: Good Housekeeping UK

FOTO: iStock/Bliznetsov

LEES OOK:

 5 skoonheidsbehandelings wat jy voor jou troue moet vermy

REGTE TROUE: Almarette & Rigardt se sprokiesmooi troue in die woud

Vasvra: Watter trourokstyl pas by jou persoonlikheid?

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief