×

Dís hoe GH-leser Farenaaz Allie 36 kg verloor het

Die inspirerende Katy Jacobs, ’n 58-jarige ma van twee, het besluit om haar lewe om te keer en 15 kg te verloor. Dís hoe sy dit gedoen het
Katy Jacobs

GESONDE GROEPSDRUK

Ek was nog altyd oorgewig en het al allerhande diëte probeer, maar verlede jaar het ek genoeg gehad en besluit om my by die Ocean View Wellness Group aan te sluit. Dis ’n groep vroue wat bymekaarkom om te oefen, te stap en te draf. Ons stap elke oggend 6 km en op Maandae en Woensdae doen ons oefenklasse. Hoewel ons geoefen het, het ons nie regtig gelet op wat ons eet nie.

HALLO, BANTING!

Toe ontdek ek dat my bloeddruk hoog is en my dokter sê ek moet 13 kg verloor. Ek kon my nie indink hoe ek dit sou regkry nie, maar toe het die aktrise Euodia Samson, ’n ambassadeur vir die Noakes Foundation Eat Better South Africa!-program, ons groep kom toespreek. Sy het ons van die versteekte suikers in ons kos en van Banting vertel. Dit was net wat ek moes hoor. Ek het geleidelik begin om goed uit te sny wat ek al my lewe lank geëet en gedrink het, soos aartappels, rys, brood en ander styselkosse, gaskoeldrank en koek.

TOT SIENS, MEDIKASIE!

Dit was redelik maklik om by die eetplan te hou. Dit was wonderlik hoe vinnig die kilo’s weggesmelt het. Ek het 15 kg in ses maande verloor en handhaaf my nuwe gewig al vir ses maande. Ek voel of ek nou my natuurlike gewig weeg. Ek lyk en voel goed. Ek hoef nie meer my bloeddrukmedikasie te drink nie en voel elke dag gelukkig en gesond.

katy

Lees: 5 ongesonde “gesondheidskosse”

’N TIPIESE DAG SE KOS

ONTBYT: Spek en eiers met avokado, blaarslaai en tamatie

MIDDAGETE: Ek is gewoonlik nog versadig ná ontbyt en eet selde middagete.

AANDETE: Hoender en groente of bredie met patats

PEUSELHAPPIES:

Pekanneute, droëwors, biltong

DRANKIES: 2 liter water; twee koppies koffie

WENKE

EET REGTE KOS

Eet kos so ver moontlik in die natuurlikste vorm.

MOENIE ONTBYT OORSLAAN NIE

Onthou om ’n goeie ontbyt te eet om jou dag reg te begin.

STADIG MET DIE VLEIS

Moenie te veel proteïen eet nie – niks meer as 80 g tot 90 g met elke maaltyd nie.

LEES OOK:

6 maniere om te sosialiseer sonder om jou dieet te saboteer

Verloor gewig op ’n dieet van rooiwyn en sjokolade?

30 goed wat ons nou weet oor dieet ná 40

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
7 redes hoekom jy nie in die nuwe jaar moet detoks nie

En wat jy in plaas daarvan kan doen ... Deur Laura William, fiksheidskenner

Close