×
Skakel na Engels

Dís hoe GH-leser, Basha Taylor, 56 kg verloor het!

Die inspirerende Basha Taylor, ’n 37-jarige ma van twee, het besluit om haar lewe om te keer en 56 kg te verloor! Dís hoe sy dit gedoen het.
Basha Taylor

Ná-foto van Basha

KITSKOS-DILEMMA

Ek was ’n oorgewig kind – die vet een tussen twee maer susters – en is gespot. In my tienerjare het ek ’n wisselvallige verhouding met kos gehad. Ek onthou hoe ek probeer het om my tande toe te bind sodat ek nie kon eet nie. Toe ek ’n ma geword het, het ek begin kitskos eet en gaskoeldrank drink (tot 2 liter per dag). Gedurende ’n reis na Botswana was my gewig die hoogste nog, en ek het op my laagste gevoel. Ek het 142 kg geweeg en kon nie loop sonder om kortasem te wees nie. My gewrigte het gepyn. My bobene het teen mekaar geskuur. Ek het aaklig gevoel.

NUWE GEWOONTES

Ek het diëte en pille probeer, maar ek wou op die regte manier gewig afskud – deur verstandige eetgewoontes en gereelde oefening. Ek het my man en seuns van my plan vertel en by ’n gim aangesluit. Ek het begin deur op die trapmeul te stap en van daar gevorder. Ek het opgehou om met olie te kook en my kos gebak of in water gekook. Ek het my kos eenvoudig gehou en borde vol groen blaargroente begin eet. Ek het ook ’n kosjoernaal begin hou, wat my gehelp het om te sien wat vir my werk.

HOU MOED

Dit het my drie jaar geneem om my huidige gewig te bereik. Ek gaan nie voorgee dat dit maklik was nie en dit raak nie makliker nie. Borskanker is onlangs by my ma gediagnoseer en ek het vier kilo’s gedurende dié tyd opgetel. Maar ek is weer terug by die gim. Ek voel soos ’n nuwe mens sedert ek gewig verloor het. Ek gaan meer uit en is ’n gelukkige ma en vrou. Ek’s regtig trots op wat ek bereik het.

Lees ook: 6 maniere om jou dieet weer op dreef te kry

VOOR:

BASHA TAYLOR PIC

’N TIPIESE DAG SE KOS

ONTBYT: Hawermout, muesli, jogurt of veselryke ontbytgraan

MIDDAGETE: Vis en slaai

AANDETE: ’n Kleinbordjie vol groente, bone en vleis

PEUSELHAPPIES: Vrugte en neute

DRANKIES: Groentee, kamilletee en drankies sonder suiker

WENKE

KRY RUS: Slaap minstens ses uur per nag.

NEEM BEHEER: Organiseer jou lewe en hanteer stres. Dit beïnvloed jou emosies en hoe jy op kos reageer.

EET DIKWELS: Eet vier tot vyf keer per dag: drie porsiebeheerde maaltye en twee peuselhappies. En neem minder koolhidrate en suikerryke kos en drinkgoed in.

LEES:

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Dís hoe GH-leser, Clifford James, 38 kg verloor het!

Clifford James het besef sy leefstyl moet dringend verander, hy het sy kop reggekry en 38 kg verloor!

Close