×
Skakel na Engels

Dinge gaan binnekort verander vir diegene wat na die VSA vlieg

Lugpassasiers wat na die VSA vlieg moet voortaan nog vroeër by die lughawe wees as gevolg van nuwe, strenger veiligheidmaatreëls wat ingestel is. Deur Sophie Hines
VSA

Daar is reeds streng veiligheidmaatreëls vir diegene wat Amerika toe vlieg, maar Donald Trump se regering het nou nuwe regulasies ingestel wat daartoe kan lei dat passasiers deur lugrederypersoneel ondervra kan word voordat hulle aanboord toegelaat sal word. 

Pin hierdie artikel vir later! Volg Goeie Huishouding op Pinterest vir nog. 
 

Volgens die Amerikaanse departement vir vervoerveiligheid sal meer as 300 000 mense per dag hierdeur geraak word. Die lugredery Norwegian, wat transatlantiese vlugte bied, sê klante moet liefs vroeër op die lughawe wees omdat hulle bang is dat die ondervraging tot langer rye sal lei.
Die Britse koerant Evening Standard berig dat passasiers ’n vorm sal kry om in te vul, terwyl ander deur lugrederybeamptes ondervra kan word. Emirates, wat in Dubai gebaseer is, het aangekondig dat hulle “vooraf onderhoude” sal voer met passasiers wat van Dubai na Amerika vlieg en moedig mense dus aan om hulself meer tyd op die lughawe te gun, hetsy hulle van daar af vlieg of ’n aansluitingsvlug het.

“Die doel van die nuwe reëls is om die huidige ekstra voorsorgmaatreëls by die instaphekke aan te vul,” het Emirates gesê. Cathay Pacific Airways Ltd het hul selfinhandigingsdiens vir bagasie opgeskort en gesê dat “passasiers wat na Amerika vlieg aan ’n kort sekuriteitsondervraging onderwerp sal word”.

EgyptAir en Air France het albei gesê hulle gaan ekstra veligheidmaatreëls vir vlugte na die VSA instel, terwyl ’n persverklaring van Lufthansa gelui het: “behalwe vir die elektroniese beheertoestelle wat reeds in gebruik is, kan reisigers na die VSA nou ook aan kort ondervragings by die bagasietoonbanke, dokumentasiepunte of instaphekke onderwerp word”.

Sara Benwell, die verbruikersredakteur van die Britse Good Housekeeping, het gesê: “Sommige lugrederye, soos Norwegian, moedig passasiers aan om nou selfs vroeër lughawe toe te gaan wanneer hulle Amerika toe vlieg, terwyl ander bloot benadruk hoe belangrik dit is om twee tot drie uur voor jou vlug op die lughawe te wees.

“Dit is in elk geval goed om jouself genoeg tyd te gee sodat jy nie jou vlug verpas nie. Ons stel dus voor dat jy die riglyne van die betrokke lugredery deur wie jy bespreek het, volg en betyds op die lughawe opdaag.

“Onthou egter dat lughawens duur plekke kan wees. Bring dus ’n paar peuselhappies of middagete saam as jy vir ’n rukkie daar gaan wees. Jy mag ongelukkig nie enige vloeistowwe deur die hekke neem nie en sal dus vir enige drinkgoed moet opdok.”

Van: Good Housekeeping UK

FOTO: iStock/YakobchukOlena

LEES OOK:

Vliegtuigetikat 101

10 maniere om rugpyn te keer wanneer jy reis

5 wenke om jou vrees vir vlieg te oorwin

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
ʼn Handige 9-stap-gids vir wanneer jy jou eerste motor koop

Dit kan ’n senutergende ervaring wees om jou eerste motor te koop, maar dit kan ook pret wees as jy...

Close