×
Skakel na Engels

Die wêreld se eerste kontantlose boetiek

The Exchange is die eerste boetiek in die wêreld waar jy niks met geld kan koop nie, maar wel met jou ‘lewe’ deur as ʼn orgaanskenker te registreer

 

The Exchange is pas deur NATIVE by Cavendish Square in Kaapstad geopen. Niks in dié winkel, wat propvol klere en bykomstighede van meer as 25 van Suid-Afrika se top-ontwerpers is, kan met kontant of kredietkaarte gekoop word nie – slegs deur ‘n orgaanskenker te word te kan jy van die items aanskaf.

 

Die konsep vir The Exchange is deur Ryan McManus, die Uitvoerende Kreatiewe Direkteur by NATIVE, uitgedink. “Mode was nog altyd sinoniem met verbruikerswese,” verduidelik hy. “Ons was op soek na ʼn manier om die geldeenheid van betekenislose verbruikerswese te verander en dit in die ‘geldeenheid van die lewe’ te verander deur verbruikers te vra om as orgaanskenkers te registreer in ruil vir klere-items.”

 

“Ons het ʼn vennootskap met die Orgaanskenking-stigting van Suid-Afrika aangegaan en met die idee vorendag gekom om ʼn boetiek te open waar die verbruiker letterlik ʼn item kan koop deur as ʼn orgaanskenker te registreer en op dié manier moontlik iemand se lewe kan red.”

 

Samantha Volschenk, die Uitvoerende Direkteur van die Orgaanskenking-stigting, sê: “Elke nuwe skenker kan hopelik sewe lewens red en met meer as 500 items in die boetiek, hoop ons om meer as 3 500 lewens te red. Dit sal vir ons ʼn ongelooflike resultaat wees.”

 

Kliek hier vir meer inligting.

Om aanlyn as ʼn orgaanskenker te registreer, besoek www.facebook.com/organdonorfan.

 

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Leer om behoorlik asem te haal

Selfs net 10 minute per dag kan jou energievlakke ’n hupstoot gee, spanning laat wegsmelt en hardnekkige gesondheidsprobleme verlig

Close