×
Skakel na Engels

Die vrugteskaal: hoog en laag in suiker

Dis belangrik vir jou om te weet watter vrugte laag in suiker is en watter hoog

Ons almal ken die uitdrukking “ ’n appel ’n dag laat die dokter wag” – en dis waar. Sekere vrugte is gesonder as ander, want sommige vrugte bevat heelwat meer suiker as wat ’n mens sou dink. Hier is ’n lysie wat jou sal help bepaal hoeveel suiker jy elke dag deur vrugte inneem.

LAAG IN SUIKER

Avokado – 1 g suiker (per heel avokado)

fresh raw avocado

iStock/wmaster890

’n Avokado is ’n wonderlike ding; dit is ryk aan gesonde vette én dit is vullend. ’n Heel avokado bevat boonop slegs 1 g suiker!

Bosbessies – 4 g (per koppie)

Cranberries

iStock/habovka

Die bosbessie staan bekend as een van die gesondste vrugte wat daar is, al is aarbeie en bloubessies dikwels gewilder. Bosbessies is die perfekte tussenin-happie en kan net so goed ’n soutige dis komplementeer. Met ’n suikerinhoud van slegs 4 g per koppie is bosbessies ’n wenkeuse.

Frambose – 5 g (per koppie)

Ripe raspberry with leaf

iStock/KateSmirnova

Frambose, ’n ou gunsteling wanneer dit kom by vrugteskommels, bevat meer vesel as ander bessies. Meer vesel beteken natuurlik dat dié bessies jou langer versadig sal laat voel. En met ’n suikerinhoud van slegs  5 g per koppie hoef jy nie eens skuldig te voel wanneer jy aan dié outjies smul nie!

Braambessies – 7 g (per koppie)

Fresh Raw Organic Blackberries

iStock/bhofack2

Braambessies is perfek as ’n gesonde happie tussen maaltye aangesien dit slegs 7 g suiker per koppie bevat. Dié sappige bessies is net die regte bestanddeel vir ’n vrugtesmoothie of slaai.

Aarbeie – 7 g (per koppie)

Tumble of Strawberries

iStock/RBOZUK

Aarbeie bevat 85 mg vitamien C per koppie – meer as genoeg om aan jou daaglikse voorgestelde inname (75 g) van dié vitamien te voldoen. En wat is nou lekkerder as ’n bloedrooi aarbei, want hoe rooier hoe soeter. Die beste van alles? Aarbeie bevat slegs 7 g suiker per koppie.

Appels – 11 g suiker (per koppie)

Fresh red apples in wooden box.

iStock/SarapulSar38

Om gesond te leef was  nog nooit makliker nie – eet eenvoudig ’n appel. Dié vrug is maklik verkrygbaar en met ’n suikerinhoud van slegs 11 g per koppie is dit boonop ’n gesonde peuselhappie. Appels is ook ryk aan antioksidante.

Lees ookDié vrugte en groente kan dalk keer dat jy gewig aansit

HOOG IN SUIKER

Druiwe – 15 g (per koppie)

Grapes

iStock/DianePeacock

Druiwesap is heerlik, maar selfs in die vorm van sap het druiwe ’n hoë suikerinhoud. Met 15 g suiker per koppie (wit en rooi druiwe) is dit beter om liefs nie te veel daarvan te eet nie. Aan die positiewe kant is rooi druiwe ryk aan antioksidante, en rooi én wit druiwe is ryk aan vesel.

Piesangs – 17 g (per koppie)

Raw Organic Bunch of Bananas

iStock/bhofack2

Hierdie geel vrug is van die vrugtewêreld se gewildste happies, maar bevat ’n suikerinhoud van 17 g per koppie. Piesangs is ’n koolhidraat wat in suiker verander die oomblik wanneer dit in jou bloedstroom opgeneem word. Te veel piesangs kan lei tot kortstondige verhoogde energie, ’n gebrek aan fokus en gewigstoename, en sal jou natuurlik net lus maak vir nóg koolhidrate. 

Kersies – 18 g (per koppie)

Ripe red cherries on old boards

iStock/Timmary

Dit is heeltemal te verstane dat kersies so lekker smaak! Dié vrug is so soet omdat dit  ’n allemintige 18 g suiker per koppie bevat. Navorsing het gewys dat kersies moontlik ’n mens beter laat slaap – weeg dus maar die voor- en nadele op voordat jy aan dié soetigheid wegval.

Mango – 23 g (per koppie)

Organic Colorful Ripe Mangos

iStock/bhofack2

Dit is nogal ’n skok om te besef dat 250 ml mango 23 g suiker bevat! Hoewel die suikerinhoud van mango’s baie hoog is, dra dié vrug ook by tot ’n derde van jou voorgeskrewe daaglikse inname van vitamien A, wat jou oë help gesond hou.

Vye – 27 g (per koppie)

Fig

iStock/artisteer

Vye se hoë suikerinhoud – 27 g suiker per koppie – verklaar waarskynlik waarom dié vrug so gewild is as ’n bestanddeel van nageregte. Dié telling vir vars vye sal waarskynlik styg wanneer dit deel is van ’n soet gereg. Vye bevat aan die anderkant ook ’n goeie dosis vesel en kalium.

Lietsjies – 29 g (per koppie)

Fresh lychee

iStock/tashka2000

Met 29 g suiker per koppie het dié vrug die hoogste suikerinhoud. Lietsjies moet liefs in klein porsies geëet word. Aan die positiewe kant verskaf lietsjies 136 mg kalsium, heelwat meer as die voorgestelde 75 mg per dag.

FOTO: iStock/Eva-Katalin

LEES OOK:

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Die kulgids tot ’n Kersmaal

Bring hierdie Kersfees minder tyd in die kombuis deur

Close