×
Skakel na Engels

Die voordele wat vitamien C-produkte vir jou vel inhou

Beter as jou glas lemoensap saam met ontbyt!
vitamien C

Die meeste van ons weet dat vitamien C ons immuniteit ’n hupstoot gee, maar het jy geweet dat hierdie molekule net so voordelig vir die buitekant van jou lyf is? Dit word ’n al hoe gewilder velsorgbestanddeel, en met reg. Hier is die velsorgvoordele van vitamien C – jy sal dit vandag nog by jou velsorgregime wil inkorporeer!

Pin hierdie artikel vir later! Volg Goeie Huishouding op Pinterest vir nog.

Maak donker vlekkies ligter

Pigmentasie is dikwels ’n gevolg van ons vel se voortdurende se blootstelling aan strawwe elemente. Vitamien C beskerm die vel teen vry radikale en omgewingskade.

Laat letsels vervaag

Vitamien C versnel die liggaam se genesende eienskappe en verminder rooiheid. Dit beteken dat littekens vinniger gesond word en verdwyn as dit by jou gereelde velsorgroetine ingesluit word. 

Bevorder die verspreiding van kollageen

Velsorgprodukte wat kollageen bevat, sal jou net tot op ’n punt help as daar nie vitamien C in jou lewe is nie. Dié antioksidant speel ’n noodsaaklike rol in die produksie van hierdie proteïen wat jou vel jong en plomp laat lyk.

Vertraag die verouderingsproses

Aangesien vitamien C ’n genesende en verhelderende uitwerking op jou gelaat het, sal dit voorkom dat jou vel dof raak, en jou jonger en stralender laat lyk.

Lees: Eet jou pad na ’n mooi vel

Hier is ’n paar produkte waarmee jy jou vitamienreis na ’n mooi vel kan afskop:

Clinique Fresh Pressed 7-Day System with Pure Vitamin C

Begin jou reis na ’n fermer, gladder, gloeiende vel met hierdie 7-dag program deur die velsorgreus Clinique. 

Mario Badescu Vitamin C Serum

Hierdie serum bevat 7,5% vitamien C, wat kan help om pigmentasie te verbeter en ’n stralende blos aan jou vel sal verleen. 

Lees: 6 kosse wat meer vitamien C as lemoene bevat

The Body Shop Vitamin C Glow Boosting Moisturiser

As jou vel “omgekrap” is, beloof hierdie fantastiese bevogtiger om sy frons uit te stryk. Ons waarborg ’n gloeiende vel!

Placecol Vitamin C Radiance Therapy

Hierdie beproefde plaaslike handelsnaam het ’n serum geformuleer wat jou gelaat teen omgewingskade beskerm en jou vel ’n jeugdige voorkoms gee. 

FOTO: iStock/stock_colors

LEES OOK:

Hoe om van donker vlekke op jou vel ontslae te raak

5 sakpas wenke teen veroudering

5 maniere om fyn lyntjies te beveg

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief