×
Skakel na Engels

Die volmaakte Vadersdaggeskenk vir die avontuurlustige pa

Die winter het eindelik aangebreek en dis nogal koel!
jeep

Om op die winter voorbereid te wees het jy die regte klere nodig, en Jeep Apparel bied presies dít. Sedert 1941 simboliseer die Jeep-handelsmerk vryheid en avontuur, en Jeep Apparel is spesifiek ontwerp om in ruwe toestande doeltreffend te wees.

Hierdie produkte sal jou nie teleurstel nie, selfs in die felste omstandighede in die winter. Elke item word met die betroubare duursaamheid en vermoë van die Jeep-handelsmerk in gedagte vervaardig en is geskep om ’n hoogtepunt van elke ervaring te maak.

Moenie dat die weer jou hierdie winter binnenshuis hou nie! Jeep Apparel het die ideale baadjie vir almal, vir elke geleentheid, of jy op ’n staptog gaan of uitry om na die sneeu op die Matroosberge te gaan kyk.

Met Vadersdag om die draai, hoekom kry jy nie vir die man in jou lewe ’n baadjie wat nie net die maksimum beskerming teen die koue bied nie, maar ook ’n fantastiese buitelugervaring verseker?

Hier is ’n paar fantastiese Jeep-mansbaadjies vir elke wintergeleentheid:

Die 3-in-1 Technical Jeep-baadjie – ideaal vir kampeer in die winter

As hy van kampeer hou, hoef dit nie tot die somer beperk te word nie. Hierdie veelsydige baadjie kan op drie maniere gedra word en sluit ’n Taslon-buitebaadjie en verwyderbare Taslon-nylonbaadjie met ’n vliesstofvoering in wat nie wolletjies sal maak nie – lekker warm. Rits dit aanmekaar vas of dra dit afsonderlik. 

3-in-1 Technical Jeep-baadjie, R2 299

Die moulose Jeep Soft Shell-baadjie – ideaal vir staptogte

Met hierdie baadjie kan Pa die vars winterlug op sy geliefkoosde staproete geniet en terselfdertyd warm bly. Die moulose “soft shell”-baadjie met ’n vliesstofvoering sal hom warm hou, en dit het ’n maklik bereikbare rits op die bors en toeritssakke aan die kante vir die maksimum gerief.

Moulose Jeep Soft Shell-baadjie, R999

Die Soft Shell Trucker Jeep-baadjie – ideaal om mee te gaan sneeu kyk

Sneeu bedek ’n paar bergreekse soos ’n volmaakte wit kombers. Nou kan Pa ry om te gaan sneeu kyk en warm bly in hierdie fantastiese baadjie. Die Trucker-baadjie met ’n fliesstofvoering het ’n maklik toeganklike rits op die bors, toeritssakke aan die kante en stroke onder die arms. 

Soft Shell Trucker Jeep-baadjie, R1 349

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Vyf modekopies onder R400 vir Vadersdag

Ons het iets vir almal!

Close