×
Skakel na Engels

Die verband tussen jou dermgesondheid en jou vel

Hulle het meer gemeen as wat jy dink
dermgesondheid

 

Hulle sê skoonheid kom van binne. Nou ja, maak gereed, want dermgesondheid is hierdie jaar groot nuus.

Voedings- en welstandsdeskundiges beweer dat die goeie bakterieë wat in ons verteringstelsel lewe ’n rol speel in ons vermoë om belangrike vitamiene en minerale te absorbeer, ons hormone in balans te hou en gifstowwe uit te skei. Indien die bakterieë ontwrig is of as daar meer slegtes as goeies is, kan dit tot verskeie probleme lei, soos ’n verswakte immuunstelsel, swak spysvertering en selfs swak geestesgesondheid. Met ander woorde, dis nie net maagpyn waaroor jy jou hoef te bekommer nie.

Pin hierdie artikel vir later! Volg Goeie Huishouding op Pinterest vir nog.

Lees ook: Die beste kos vir gesonde spysvertering

Maar wat van jou vel?

Dr. Nigma Talib, die skrywer van Younger Skin Starts in the Gut (Ulysses Press), sê dat ons eetpatroon op ons gesig gesien kan word. Volgens haar is gluten, suiwel, suiker en alkohol die grootste sondaars wanneer dit by ’n slegte vel kom, want dit kan tot inflammasie lei, wat enige iets van ’n puisie-uitslag tot voortydige veroudering kan veroorsaak.

Waar sommige kossoorte allergieë veroorsaak of jou vel olieriger maak, is die negatiewe uitwerking van swak dermgesondheid meer blywend. Dit beteken dat jy dalk nie eens gaan opmerk dat jou vel geaffekteer is nie. Alkohol is dehidrerend en dit maak dat jou vel ook dehidreer en verdof. Suiker en gluten kan inflammasie in jou hele liggaam veroorsaak, wat ensieme voortbring wat die kollageen en elastien in die vel afbreek. En suiwel is vol hormone wat die balans in jou liggaam kan versteur en tot aknee kan lei. Dit klink dalk drasties om sekere kosse uit jou dieet te sny, maar die aanwending van allerhande duur rome gaan nie voldoende wees nie.

Lees ook: 5 dinge wat jou maag vir jou probeer sê

Hoe nou gemaak?

Daar is baie rolspelers wat die gesondheid en voorkoms van jou vel beïnvloed, van hormone en genetika tot leefstyl. As jy hierdie faktore as moontlike sondaars uitgeskakel het, is dit ’n goeie idee om jou dermgesondheid te evalueer, en skoner eetgewoontes aanleer om beter resultate te sien.

Daar is baie min mense wat genoeg selfdissipline het om áltyd die regte kosse te eet, maar jy kan begin deur net enkele veranderinge aan te bring. Om jou suikerinname af te skaal, suiwelprodukte met alternatiewe te vervang, en van jou daaglikse glas wyn af te sien, is goeie eerste stappe op die pad na goeie gesondheid, en uiteindelik ook ’n stralende vel. 

Foto: iStock/PeoplesImages

LEES OOK:

6 dinge oor probiotika wat jou maagdokter wil hê jy moet weet

4 verrassende oorsake van veroudering

Goed wat jou ouer maak, van binne en buite

 

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Dié 80’s- en 90’s-parfuums is nou weer groot nuus

Dis tyd om dié botteltjies af te stof!

Close