×
Skakel na Engels

Die verband tussen depressie en jou skoonheidsroetine

Hou aan om jou bes te doen
depressie

Om terneergedruk te voel is iets wat baie van ons een of ander tyd sal ervaar, en op verskillende vlakke. Soms duur hierdie gevoel vir ’n lang ruk en verg dit mediese hulp. Dit is wanneer daaglikse rituele, veral dié wat met selfsorg te make het, so belangrik word.

Pin hierdie artikel vir later! Volg Goeie Huishouding op Pinterest vir nog. 

Vir mense wat aan ’n geestelike siekte ly kan klein rituele soos om soggens te stort, hul hare te was en hul tande te borsel heeltemal oorweldigend voel. Die verlies van die vreugde wat jy eens op ’n tyd uit daaglikse aktiwiteite geput het, is ’n algemene simptoom van kliniese depressie. Geestelike en fisieke gesondheid hou dus dikwels met mekaar verband en selfsorg kan maklik agterweë bly wanneer pasiënte ’n laagtepunt bereik.

Lees ook: 9 onbekende fisieke simptome van depressie

Die skoonheidsblogger Alice Thomas sê haar depressie het haar baie onseker oor haar voorkoms laat voel, en dit het gemaak dat haar skoonheidsroetine vir haar geweldig belangrik geword het. Sy sê dat om elke dag haar grimering te doen dit soos ’n nuwe blaadjie en ’n nuwe begin laat voel het. Dit was dus ’n manier om haarself reg te ruk wanneer alles anders onmoontlik gevoel het.

Die tydskrif Stylist het met dr. Eerum Afzal gesels wat gesê het: “Party geestesgesondheidpasiënte kan vind dat ’n skoonheidsritueel ’n nuttige manier is om hul selfbeeld ’n hupstoot te gee en om deernis met hulself te hê in ’n tyd wanneer ander dele van hul lewe dalk moeiliker is om te beheer.” Dit gaan alles oor babatreë en om na jouself om te sien.

Lees ook: 6 wenke om in ’n spanningsvolle tyd kalm te voel

Depressie is en bly ’n ingewikkelde siekte wat professionele hulp vereis, maar selfsorg in die vorm van ’n skoonheidsroetine kan jou daaraan herinner dat jy en jou liggaam waardig is en die mooimaak verdien.

LEES OOK:

9 onbekende fisieke simptome van depressie

Paniekaanvalle: Wat dit is en wat jy daaraan kan doen

6 dinge wat jou depressiewe tiener vir jou wil sê

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Paniekaanvalle: Wat dit is en wat jy daaraan kan doen

Jy is vreesbevange, jy kan nie asemhaal nie, jy voel magteloos en is seker jy is besig om dood te...

Close