×
Skakel na Engels

Die veilige manier om retinol te begin gebruik

Maak seker jy gebruik dié bestanddeel reg sodat jy die voordele ten volle kan geniet
retinol

Wat die vertraging van die verouderingsproses en die instandhouding van ’n gladde, plomp vel betref, is retinol moontlik die doeltreffendste bestanddeel om te gebruik. Dit is ’n derivaat van vitamien A en veroorsaak dat selle onder die veloppervlak en in die boonste lae vinniger groei om selvernuwing te bevorder. Dís wat jou vel ’n jeugdige voorkoms gee en waarom die velsorgbedryf so dol oor dié bestanddeel is.

Die probleem met retinol is dat jy nie sommer enige produk kan koop wat dit bevat en mildelik aanwend nie. Dit kan tot ’n droë, seer vel lei wat afdop. Lees hier hoe om dit veilig te gebruik sodat jy op jou beste kan voel en lyk.

Pin hierdie artikel vir later! Volg Goeie Huishouding op Pinterest vir nog.

Lees ook: 6 algemene mites oor retinol ontbloot

1. Begin klein

As jy al vir ’n tydjie met plooie en lyntjies sukkel, is dit te verstane dat jy iets wil gebruik wat onmiddellike resultate lewer. Dit kan egter uiters skadelik vir jou vel wees. Die beste manier is om met produkte te begin wat slegs ongeveer 2% bevat en dit deur die loop van ’n paar weke tot omtrent 5% te verhoog. Dit gee jou vel die geleentheid om ’n toleransie vir hierdie sterk bestanddeel op te bou. 

2. Wees geduldig

Nog ’n reël waarby dermatoloë onervare retinolgebruikers aanraai om te hou, is om dit aanvanklik nie elke dag te gebruik nie. ’n Goeie manier om jou vel daaraan gewoond te maak is om stelselmatig te werk te gaan. Gebruik dit die eerste week net een maal, die tweede week twee maal, die derde week drie maal, ensovoorts. Teen week sewe behoort dit deel van jou daaglikse velsorgroetine uit te maak. 

Lees ook: Jou gids tot velsorgbestanddele

3. Gebruik spaarsamig

Sommige mense kan ’n bietjie meegevoer raak wanneer hulle ’n retinolproduk vir die eerste keer gebruik; om dit rojaal aan te wend maak dit nie meer effektief nie. Trouens, dis ’n baie slegte idee – dis nie ’n gesigmasker nie! Jy het net ’n klein hoeveelheid nodig, ongeag hoe gekonsentreerd die formule is. Daar word ook aanbeveel dat jy dit voor jou gewone bevogtiger en sonskerm aanwend en 20 minute wag sodat dit heeltemal in die vel opgeneem kan word. 

4. Maak droog

Nadat jy jou vel gereinig en verfris het, is jou gesig gewoonlik effens aan die klam kant; wag totdat jou gesig heeltemal droog is voordat jy met jou retinol wegspring. As jou gesig nog klammerig is of as jou vel reeds met ander produkte versadig is, kan dit die manier beïnvloed waarop retinol in jou vel opgeneem word. Ja, dit mag jou daaglikse roetine dalk met ’n paar minute verleng, maar indien jy dit reg doen, sal die voordele dit oor en oor die moeite werd maak.

 

FOTO: iStock/gilaxia

 LEES OOK:

5 bestanddele van skoonheidsprodukte wat swanger vroue moet vermy

Jou teenverouderingstydlyn

5 sakpas wenke teen veroudering

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Velsorg: Pak dít in wanneer jy vir werk of plesier weggaan

Jy hoef nie jouself af te skeep nie, maar jy wil jou nie dood dra nie ...

Close