×
Skakel na Engels

Dié tatoes help vroue wat borskanker oorwin het

Dit kan die wêreld se verskil maak!
areola-tatoes

Kankerbewustheidsmaand is dalk verby, maar baie vroue se stryd duur voort. ’n Geskatte een uit elke 26 vroue in Suid-Afrika sal borskanker kry.

Pin hierdie artikel vir later. Volg Goeie Huishouding op Pinterest vir nog.

Behandeling vereis soms dat vroue ’n mastektomie moet ondergaan om al die kanker te verwyder. Ná chirurgie lyk vroue se borste gewoonlik anders, en sommige verloor hul borste en tepels heeltemal.

Inplantings kan help om die voorkoms van ’n natuurlike bors te skep, maar met tepels is dit ’n ander storie. Daar is vandag egter ’n verdere rekonstruksie-opsie vir vroue wat ’n mastektomie ondergaan het: areola-tatoes.

Industriespesifieke tatoekunstenaars kan lewensgetroue tepels skep wat ’n gevoel van afgerondheid en “normaliteit” aan vroue gee. Nicol Frank, ’n intradermale en paramediese-mikropigmentspesialis en eienaar van Blush, sê dat vroue wat vir areola-tatoes na haar toe kom, bevry voel ná die trauma wat hulle ervaar het.

“Dit is ’n absoluut ongelooflike tegniek,” sê Frank. “Areola- en tepeltatoes lyk so eg en, as gevolg van die 3D-effek, is dit baie moeilik om die verskil agter te kom. Beter nog, hulle is heeltemal simmetries en gedefinieerd. Dit maak ’n reuse-verskil en verrig wondere vir jou selfvertroue.”

Lees:  Alles wat jy van permanente grimering moet weet

Tepeltatoes: Wat jy moet weet

Behoorlike tepel- en areola-tatoes word nie deur gewone tatoekunstenaars aangebring nie, maar deur hoogs opgeleide tegnici wat paramediese enpermanente-grimering-opleiding ondergaan het. Nog ’n groot verskil tussen areola- en dekoratiewe tatoes is dat die proses nie pynlik is nie; ’n verdowende room word op die area aangewend voordat ’n naald naby jou vel kom.

Die tatoes is semipermanent en hou vir ongeveer sewe tot 10 jaar, met aanbevole aanvullings elke vyf jaar. Dit kan op enige velkleur aangebring word. Wat die genesingsproses betref – dit neem drie dae voordat die area nie meer sensitief is nie en ses weke voordat die permanente kleur ontwikkel het. Hierna word ’n tweede prosedure vereis om die tepels aan te vul en te verseker dat die kliënt gelukkig is.

“Ons paramediese prosedures verskil heeltemal van ander beskikbare tegnieke,” verduidelik Nicol. “Ons gebruik veilige, medies goedgekeurde EU- en FDA-geregistreerde pigmente met ’n pynlose, kort mikronaald-tegniek in die papillêre laag van die vel. Ons mikronaaldtegniek maak ook dat die vel en weefsel op ’n gesonder manier genees.”

Lees: Die eerste tekens van borskanker

Lonende resultate

Wat Frank die meeste van die prosedure geniet, is dat dit vroue help om hierdie hoofstuk af te sluit en weer heel te voel. “Ná ’n traumatiese kankerervaring is dit vir baie vroue die lig aan die einde van die tonnel. En ek is bly dat ek dit kan beleef.”

breast cancer, nipples, areola tattoos

Foto verskaf

breast cancer, nipples, areola tattoos

Foto verskaf

breast cancer, nipples, areola tattoos

Foto verskaf

breast cancer, nipples, areola tattoos

Foto verskaf

Uit: Marie Claire

FOTO: iStock/KatarzynaBialasiewicz

LEES OOK:

11 goed wat jou borste vir jou probeer sê

“Ek het borskanker twee maal oorwin”

Verlaag jou risiko vir borskanker met drie maklike stappe

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Een simptoom van ovariële kanker wat mense dink “normaal” is

Dit kan dalk met jou gebeur!

Close