×
Skakel na Engels

Die somerfyngeure wat die GH-span nie kan weerstaan nie

Nou weet jy wat óns gunstelinge is. Wat is joune?
somerfyngeure

Die GH-mode-skoonheidspan is dol daaroor wanneer daar nuwe produkte op hul lessenaars beland – hul oë skitter behoorlik! Maar die beste van alles is dat hulle dan vir jóú kan sê watter ’n “moet” en watter ’n “mis” is. Hier is die fyngeure wat hulle dié somer gaan dra, en waaroor jy ook dol sal wees.

Pin hierdie artikel vir later! Volg Goeie Huishouding op Pinterest vir nog.

Cleo, moderedakteur: Dolce & Gabbana Light Blue Eau Intense Pour Femme

Die nuutste weergawe van dié klassieke fyngeur is ’n sitrus-en-blommengsel met note van appel, gousblom en jasmyn, en basisnote van muskus en amberhout. Dit sal jou op ’n reis na die Mediterreense see neem sonder dat jy jou voet op ’n vliegtuig hoef te sit!

Helen, skoonheidskrywer: Nuxe Prodigieux Le Parfum

Hierdie geur is basies die somer in ’n bottel. Met note van lemoenbloeisel, bergamot, gardenia en klappermelk sal dié parfuum die draer soos ’n tropiese bestemming laat ruik. Dis perfek vir die sonnige seisoen!

perfume, fragrances, summer, beauty, scent

Nuxe Prodigieux Le Parfum / R725 vir 50 ml

Lees: Die parfuumtruuk wat elke vrou moet probeer

Angelica, mode-intern: Chloé by Chloé

Hierdie gewilde geur is bekend vir sy varsheid. En dis so veelsydig – dis ewe geskik vir die dag en die aand. Dit het vrugte- en blomgeure en is beslis ’n fyngeur wat jy op jou somerwenslysie moet sit!

fragrances, summer, scent, perfume, beauty

Chloé by Chloé EDP / R910 vir 30 ml

Lees: 5 ongewone plekke om parfuum aan te wend

Candice, waarnemende skoonheidsdirekteur: Bobbi Brown Beach

’n Besoek aan die strand is sinoniem met die somer en vakansies. Maar as jy nie by die see kan uitkom nie, kan jy dit na jou toe bring met ’n paar spuite van hierdie lieflike fyngeur. Dit het blom- én seenote – hoe kan jy dus nié daarvan hou nie?!  

fragrances, summer, scent, perfume, beauty

Bobbi Brown Beach / R1 030 vir 50 ml

Clare, mode-assistent: Sì by Giorgio Armani

Hierdie parfuum is subtiel, maar steeds ongelooflik sexy. Dis geurig en aromaties, maar ook ’n bietjie vrugtig, en dis ’n gunsteling onder baie vroue.

summer, fragrances, perfume, scent, beauty

Sì by Giorgio Armani / R1 485 vir 50 ml

FOTO: iStock/misfire_asia

LEES OOK:

Maak jy hierdie groot parfuumfout?

Ontdek jou perfekte fyngeur

Ons 5 topparfuums vir die lente

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Ons 5 topparfuums vir die lente

Ruik hierdie seisoen so vars soos ’n lentebriesie!

Close