×
Skakel na Engels

Die slegste manier om ’n verhouding te beëindig, volgens wetenskap

Enige iemand wat dit al beleef het, sal saamstem. Deur Sophie Hines
verhouding te beëindig

 

Dis nooit maklik om ’n verhouding te verbreek nie, maar daar is een manier om iemand af te sê wat besonder pynlik vir die een aan die ontvangkant is.

Wat sê die wetenskap

Wetenskaplikes het bevind dat wanneer jy verwerp word om vir iemand anders plek te maak, is dit baie moeiliker as wanneer jy bloot verwerp word. En enige iemand wat al vir ’n nuwe liefde verruil is, sal saamstem dat dit werklik aaklig is om te voel asof jy nie goed genoeg is nie.

Die studie is deur die Cornell-universiteit in Brittanje uitgevoer en in Personality and Social Psychology Bulletin gepubliseer.

Die eksperiment

Navorsers het vier eksperimente gebruik om twee soorte verwerpings te ondersoek – een waar daar ’n derde party betrokke was, en een waar niemand anders betrokke was nie. Hulle het bevind dat eersgenoemde die 600 deelnemers aan dié studie baie seerder as laasgenoemde gemaak het.

Die navorsers het verskeie toetse en praktiese metodes gebruik om diegene wat verwerp is se gevoelens te monitor, en hulle het keer op keer bevind dat dit baie pynliker is om vir iemand anders gelos te word as om net afgesê te word.

“Selfs die gelukkigstes onder ons sal nie vir die werk, afspraak of verhouding gekies word wat ons wil hê nie,” het die skrywers in hul gevolgtrekking genoem. “En hoewel niemand daarvan hou om verwerp te voel nie, kan dié verwerpings verskil en party kan erger as ander voel.”

Wat om te doen

Volgens Time kan ons uit hierdie bevindinge aflei dat daar ’n manier is om iemand te verwerp sonder om hom/haar onnodig seer te maak, en dit is om dit duidelik te maak dat daar nie iemand anders in die prentjie is nie, mits dit die geval is.

Indien dit nié die geval is nie, “moet jy verkieslik so min as moontlik verwys na jou keuse van ’n ander persoon bo die een wat verwerp word.”

“Daar is geen manier om verwerping heeltemal in die lewe te vermy nie,” het die skrywers verder genoem. Maar wanneer jy weer eendag aan die ontvangkant van verwerping is en daar nie ’n ander party betrokke is nie, “kan jy ten minste weet dat dinge erger kon wees”.

Van: Good Housekeeping UK

Foto: iStock/cyano66

LEES OOK:

Verbeter jou verhouding met dié 2 vrae

Help jou kind wanneer sy/haar hart gebreek is

4 dinge om nié vir iemand te sê wat skei nie

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Almal gons oor die nuwe Fifty Shades Freed-lokprent

"Mrs. Grey will see you now." Nou toe nou, Anastasia!

Close