×
Skakel na Engels

Die skoonheidsvoordele van heuning

Jy sal goed genoeg lyk om te eet!
heuning

Heuning is ’n veeldoelige bestanddeel wat al vir eeue vir verskeie dinge gebruik word, van kosmaak tot preservering. En hoewel ons almal weet hoe lekker dit op ’n sny roosterbrood of in ’n koppie tee smaak, weet min mense dat heuning net so goed vir die buitekant van jou liggaam as vir die binnekant is.

Dit is omdat heuning antibakteriese eienskappe het en baie antioksidante bevat, wat noodsaaklik is as jy ’n gesonde, gloeiende gelaat wil hê. En wie wil dit nou nié hê nie? 

Lees: Jou gids tot velsorgbestanddele

Hierdie natuurlike bestanddeel word nou ook al hoe meer in velsorg- en haarprodukte gebruik danksy die skoonheidsvoordele daarvan, en dit is boonop die hoofbestanddeel van verskeie skoonheidsbehandelings wat jy tuis kan maak.

Dit kan help om aknee te behandel, jou gelaat te verbeter, porieë oop te maak en die tekens van veroudering te beveg. Hetsy jy dit net so uit ’n fles gebruik of in produkte belê wat hierdie soet nektaar bevat, ons voorspel dat heuning binnekort ’n onmisbare bestanddeel in jou skoonheidsroetine gaan word!

Hier is ’n paar van ons gunsteling-heuningkopies.

Lees: Bekostigbare gesigmaskers vir ’n lieflike jy!

FOTO: iStock/YakobchukOlena

LEES OOK:

Skoonheidskure uit jou kombuis

Hoekom essensiële olies deel van jou skoonheidsroetine behoort te wees

8 tuisgemaakte haarbehandelings vir elke haartipe

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Kry voller lippe sonder enige naalde of inspuitings!

Ons top-lipglanse vir plomper lippe

Close