×
Skakel na Engels

Dié selebs se rokke het die wenkbroue laat lig by die 2017 Met Gala

’n Paar van die hoogte- en laagtepunte by vanjaar se Met Gala

Die 2017 Met Gala het op 1 Mei in die Metropolitaanse Museum van Kuns in New York plaasgevind, en soos gewoonlik het die sterre ons nie met hul rokkeuses teleurgestel nie. Die tema was Rei Kawakubo/Comme des Garçons: Art of the In-Between, ter ere van die Japannese ontwerper Rei Kawakubo, die stigter van die handelsmerk Comme des Garçons wat in die modewêreld bekend is vir sy buitengewone ontwerpe.

Rei Kawakubo is die eerste lewende ontwerper sedert Yves Saint Laurent in 1983 wat die hooftema van die hele Met-mode-uitstalling is. Baie sterre het die tema ten volle benut en behoorlik ons asem weggeslaan. Ander het dit dalk ’n bietjie te ver gevoer en eerder verspot as verruklik gelyk. Of dalk is dit net ons … 

Vroue van staal

’n Paar selebs het gelyk asof hulle inspirasie uit ’n feëverhaal oor yskoninginne geput het met hul silwer en wit skeppings.

Cara Delevingne in ’n silwer Chanel-pak

Kate Hudson in ’n rok van Stella McCartney

Janelle Monáe in ’n Ralph & Russ-rok

Sophie Turner in ’n Louis Vuitton-rok

Ruby Rose in Burberry

Al die kleure van die reënboog

Hierdie bekendes het vir helder kleure gegaan en party se uitrustings lyk soos ware kunswerke.

Rihanna in ’n skepping van Comme des Garçons

Lily-Rose Depp in ’n pienk rok van Chanel

Blake Lively in ’n geveerde Versace-rok

Zendaya in Dolce & Gabbana

Rita Ora in Marchesa

Mooi neutraal

Party sterre het ’n bietjie meer lyf gewys met hul skrapse skeppings of rokke in neutrale/monochrome palette.

Gigi Hadid in ’n asimetriese Tommy Hilfiger-rok

Kendall Jenner in ’n uitrusting van La Perla

Kylie Jenner in ’n Versace-rok

Selena Gomez in ’n rok van Coach

Hailey Baldwin in ’n Carolina Herrera-rok

Die klassieke swart rok

Die klassieke swart nommertjie het ook sy verskyning by die 2017 Met Gala gemaak – selfs in die vorm van ’n sjiek katpak. 

Bella Hadid in ’n katpak van Alexander Wang

Candice Swanepoel in ’n Topshop-rok wat spesiaal vir haar aangepas is

Cassie Ventura in ’n rok van On Aura Tout Vu

Dakota Johnson in Gucci

Adriana Lima in ’n Alberta Ferrett-rok

Is meer regtig meer?

Behalwe vir al die asemrowende en klassieke uitrustings, was daar egter ’n handjievol sterre wat nie geweet het wanneer genoeg genoeg is nie …

Katy Perry in ’n Maison Margiela-rok deur John Galliano

Madonna in Moschino

Julianne Moore in ’n rok van Calvin Klein

Lily Collins in ’n skepping deur Giambattista Valli

Nicki Minaj in ’n swart-en-rooi rok van H&M

FOTO: Gallo Images/Getty Images

LEES OOK:

7 vleiende modeneigings om in 2017 te probeer

5 verrassende skoonheidsgeheime van ou Hollywood

Seleb-ma’s en hul spieëlbeeld-dogters

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Sterre se moderne weergawes van klassieke Oscar-rooitapytvoorkomste

Sommige sterre het rokke net so van die loopplank af geneem by vanjaar se Oscars, terwyl ander klassieke voorkomste hul...

Close