×
Skakel na Engels

Die regte manier om jou bra’s te was

Verleng jou bra’s se leeftyd
onderklere

Om te leer hoe om jou onderklere te was is nie baie sexy nie, ons weet, maar dis noodsaaklik as jy dit langer wil laat mooi bly. Volg hierdie wenke:

Handwas

As jy jou bra’s – en ander spesiale onderklere – meer sagkens wil behandel, moet jy dit met die hand was. Dis die beste manier om dit mooi op te pas. Vul die wasbak met genoeg water sodat jou bra’s heeltemal bedek kan word. Maak seker jy gebruik louwarm water, nie vuurwarm water nie, want warm water kan ’n bra laat rek. Voeg nou net ’n teelepel vol wasmiddel by, roer die bra’s liggies daarin en laat vir 10 tot 15 minute week.

Dreineer nou die water en vul die wasbak met skoon, louwarm water. Werk deur die bra’s om die wasmiddel te verwyder, maar wees versigtig dat jy nie te hard druk of draai nie. Sodra al die wasmiddel uit is, laat jou bra’s lugdroog word.

Wenk: As jy in ’n vogtige omgewing woon, kan jy ’n waaier op jou bra’s laat waai sodat dit vinniger droog word en nie muf ruik nie.

Masjienwas 

Dis nie wys om jou bra’s los saam met ander wasgoed in die masjien te gooi nie, want dit het ekstraspesiale sorg nodig. Die eerste ding wat jy nodig het, is ’n onderklere-wassak of ’n maas-wassak wat toerits. Dit sal keer dat jou bra’s rek en aan ander items vashaak.

Sodra jy jou onderkleresak met bra’s in die wasmasjien geplaas het, maak seker jy dies die “delicates”- of kouewatersiklus op jou masjien. Wanneer die siklus klaar is, moenie jou bra’s tuimeldroog nie. Laat dit liewer lugdroog word, want dit werk sagkens en sal jou bra’s vir langer laat mooi lyk.

FOTO: iStock/Metaphortography

LEES OOK:

5 algemene foute wanneer jy ’n bra kies

12 maniere om fees te vier sonder om gewig aan te sit

5 maniere om jouself teen borskanker te beskerm

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief