×
Skakel na Engels

Die regte dieet kan jou slimmer maak

Die regte kosse kan jou geheue en konsentrasievermoë verbeter

Eet breinkos

Individuele studies het al die belangrikheid van die regte dieet vir die brein uitgelig, maar daar is geen oortuigende bewyse dat dit die gemiddeld goed gevoede brein kan verbeter nie. Studies op diere lyk egter belowender, en navorsing aan die University of California in die VSA toon dat ou honde wel nog nuwe toertjies kan aanleer wanneer hulle ’n dieet ryk aan vitamienes volg.

 

Wat kán werk

‘Daar’s sekerlik geen brein-wetenskaplike wat nié rooiwyn drink of bloubessies eet nie,’ sê Barbara Strauch,  ’n wetenskaplike en gesondheidsredakteur van die VSA.

Saam met ander donkerkleurige vrugte, groente en visolies, is dit alles goeie bronne van voedingswaarde wat ontsteking en veroudering beveg.

Navorsers hoop ook dat borrie Alzheimer se siekte kan afweer.

 

Wat nié werk nie

Te veel suiker en vet. Volgens ’n studie in die Archives Of Neurology verdubbel middeljare-vetsugtigheid jou risiko vir demensie.

(Indien jy hoë cholesterol het, vermenigvuldig dit met ses.)

 

Selfs wanneer bloedsuikervlakke die hoogte in skiet, ’n toenemende middeljare-probleem wanneer bloedglukose-beheer verswak, kan dit jou geheue belemmer.

 

Lees ook:

10 kosse wat jou maerder kan maak 

Vermy kosse wat jou tande vlek

Detoks op die gesonde manier

 

Teks het oorspronklik in Goeie Huishouding, November 2012 verskyn.

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief