×
Skakel na Engels

Die perm spog met ’n nuwe baadjie

Ons is dol oor die moderne weergawe van hierdie ou gunsteling!
perm

Die afgelope paar jaar was die gewildste chemiese haarbehandeling in salonne oor die wêreld heen die Brasiliaanse gladstrykmetode. Mense met krulhare wou hul tekstuur verruil vir iets meer “hanteerbaar” soos permanente steil hare. Die nuutste haarneiging laat mense egter heeltemal die teenoorgestelde doen. Dis reg, liewe lesers, die perm is terug!

Pin hierdie artikel vir later! Volg Goeie Huishouding op Pinterest vir nog.

Krulle kom en gaan gereeld wat haarmodes betref, met strandstylgolwe wat altyd gedurende die somer ’n gewilde neiging is. Dié keer is dit egter anders, want mense gebruik nie net krultange en hope haarprodukte nie, maar maak hul krulle meer permanent. Gelukkig het die 80’s-perm ’n moderne voorkoms gekry en dit lyk nou beter as ooit tevore.

Katherine showing off her new texture! #modernperm #texturelovers #hairlabdetroit #moserandsamuels #chemicurls

A post shared by Lauren Moser (@laurenmmoser) on

Nuwe baadjie vir ’n ou styl

Die woord perm bring waarskynlik skrikwekkende beelde van oorgroot bosse krulle by jou op van dié haarstyl wat meer as drie dekades gelede so gewild was. Gelukkig het dit ’n bietjie van ’n gedaantewisseling ondergaan. “Perms is skielik weer groot nuus,” sê David Gillson van Carlton Hair. 

“Vandag rol ons die hare in groot krullers op sodat dit sagte golwe skep en ons gebruik Bondplex sodat die hare in ’n perfekte toestand gelaat word.” Wat die perm so wonderlik maak, is dat jy nie jou hare elke dag hoef te stileer nie en hoe minder jy hittetoestelle gebruik, hoe beter vir jou hare. Die behandeling self gebruik ook minder ammoniak as voorheen, wat baie gesonder vir jou hare is.

Lees: Maklike krulle in 3 stappe

Danksy moderne tegnieke kan die behandeling presieser wees as wat dit in die verlede was. Jy kan dus self besluit hoe styf of los jy jou krulle wil hê en dit dan met jou haarstilis bespreek. Die moderne weergawe van hierdie klassieke styl lyk beduidend natuurliker. Haarstiliste los die boonste hare meer reguit en begin eers laer af met die krulle. Dit gee hare daardie natuurlike, lugdroë voorkoms. Jy kan presies besluit watter soort krulle jy wil hê, wat beteken jy is van die regte tekstuur en golwing vir jóú verseker.

#texturehair #modernperm #redhair

A post shared by Salon Vici (@salonvici8850) on

Nog ’n voordeel van die moderne perm is dat dit vir enige haarlengte geskik is. Hetsy jy dus lang lokke, ’n reguit bob of ’n kort kapsel het, dié nuwe (ou) haarstyl sal jou beslis vlei. 

FOTO: iStock/AJ_Watt

LEES OOK:

Hoe om jou hare sonder hitte reguit te kry

Wenke vir krulhare

Hygge: die haarkleurneiging op pad na wêreldoorheersing

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
WEN 1 van 5 behandelingspakkette ter waarde van R7 260 elk van The Laser Beautique!

Vyf gelukkige lesers kan elk ’n behandelingspakket wen met vergunning van Goeie Huishouding en The Laser Beautique!

Close