×
Skakel na Engels

Die organiese skoonheidshandelsname wat jou sal oorreed om “groen” te gaan

Dié handelsname kry die groen lig!
organiese

’n “Groener” leefstyl is nie meer noodwendig ’n duurder een nie. Deesdae kan byna enige iemand ’n organiese leefstyl volg. En danksy al hoe meer handelsname wat organiese skoonheidsprodukte skep wat net so doeltreffend soos die konvensionele middels is, kan jy eindelik jou vel en hare die behandeling gee wat dit verdien.

Hier is ’n paar groen skoonheidsreekse wat ons aanbeveel. Jou lyf sal jou ewig dankbaar wees!

Nature’s Gate

Hierdie handelsnaam bestaan al sedert die 1970’s en handhaaf steeds hul etos om “wholistic beauty” aan almal te verskaf. Hulle bied ’n groot reeks produkte vir jou lyf en hare wat alles fantasies ruik, natuurlik en veganisties is, en nie op diere getoets is nie. 

Earthsap

Earthsap maak al vir 20 jaar veilige, nietoksiese produkte. Dit gebruik bestanddele soos klapperolie, sitrus, plantmiddels en essensiële olies om velsorg- en haarsorgprodukte te vervaardig, asook skoonmaakmiddels vir huishoudelike gebruik.

 

Lees ook: 5 wenke vir ’n organiese tuin

Himalaya Herbals

Himalaya Herbals bied iets vir alles, van haarsorg tot velsorg en selfs mondhigiëne. Hul omvattende reeks is alles 100% natuurlik en hulle kombineer die antieke ayurveda-wysheid en jare se navorsing om produkte van goeie gehalte te verseker.  

Beaucience

Hierdie handelsnaam, wat trots Suid-Afrikaans is, is ’n gunsteling by spa’s, en om goeie rede. Die produkte is lig dog doeltreffend en span die krag van plante in om die tekens van veroudering te beveg en die vel jonk en vars te laat lyk.

Dr. Hauschka

Dr. Hauschka is ’n internasionale handelsnaam wat ewe gewild onder selebs en ons gewone mense is 😉 Die reeks het ontstaan danksy die stigter se passie vir natuurlike geneesmiddels, die ritmes van die natuur en die soeke na ’n mooi gesonde vel.

Lees ook: 5 redes om ’n organiese sonskermmiddel te kies

Dr. Organic

Hierdie handelsnaam het al verskeie pryse vir sy merkwaardige en toeganklike produkte gewen. Dit gebruik slegs die beste natuurlike en organiese rou materiale, soos heuning, aloe en arganolie, om sy gewilde vel- en haarproduktete vervaardig. 

The Victorian Garden

Nog ’n plaaslike handelsnaam! The Victorian Garden het ’n produk vir feitlik alles. Van hemelse sjampoes en haaropknappers tot gesigrome en smere en salwe – die reeks gebruik natuurlike bestanddele en bied iets vir almal. 

Pure Beginnings

Hoewel dié handelsnaam aanvanklik slegs produkte vir babas gemaak het, het hulle vinnig ’n behoefte vir meer ekovriendelike en veilige velsorg vir mense van alle ouderdomme raakgesien. Hul produkte pamperlang nie net jou lyf nie, maar is boonop goed vir die planeet.

FOTO: iStock/gilaxia

LEES OOK:

Die skoonheidsvoordele van heuning

Houtskool: Skoonheid se wondermineraal

Velsorgvoordele van roosbottelolie

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Die skoonheidsvoordele van heuning

Jy sal goed genoeg lyk om te eet!

Close