×
Skakel na Engels

Dié nuwe haarkleurtegniek sal jou slanker laat lyk!

Nuwe haarkleur, nuwe jy!
haarkleurtegniek

Namate ons ouer word, raak dit al hoe moeiliker om van daardie oortollige vetjies ontslae te raak. Maar wat as ons vir jou sê dat daar ’n nuwe haarkleurtegniek is wat jou sowaar slanker kan laat lyk? Glo dit maar! “Eclipting” is ’n metode wat pragtige resultate bied en boonop ’n verslankende optiese illusie skep.

Hierdie nuwe neiging, wat soos ’n veldbrand op sosiale media versprei het, is gegrond op die konsep van kontoergrimering. Daar is bewys dat om jou hare op ’n spesifieke manier te kleur, ’n verslankende uitwerking kan hê. Die tegniek, wat hoofsaaklik oor strategiese kleurplasing gaan, is goed op pad om selfs gewilder as ombré en balayage te word!

LeesDie haarkleurstap wat jy nie moet oorslaan nie

Die term “eclipting” is die skepping van die internasionale haarkleurkenner Ian Michael Black, wat dit beskryf as ’n manier om die gesig te omraam met kontrasterende kleure wat gekies is op grond van die ondertone van die individu se gesig.

Dit maak dit anders as balayage, wat subtieler kleure gebruik, terwyl hierdie nuwe tegniek sterker kontraste skep om ’n groter verandering teweeg te bring. En nie net in jou hare nie, maar ook op jou gesig. 

Lees: Haarkleurskakerings wat jou jonger kan laat lyk

“Eclipting” kan ook help om jou beste gelaatstrekke te beklemtoon. As jy jou oë wil laat uitstaan, moet die kleur onder jou kuif byvoorbeeld donkerder wees. Om jou gesig smaller te laat lyk, moet die donkerder skakerings nog verder af strek. Dit skep die illusie dat jou wange effens platter is.

Om donkerder skakerings onder ligte skakerings te gebruik kan ook jou hare voller laat lyk en die illusie van volume skep. Dit klink soos die haarkleurtegniek van die toekoms!

 

A post shared by Olivia Palmira (@olivepalmira) on

 

A post shared by JULIA TELLO (@juliatello_) on

 

A post shared by Aveda Institute (@aisouth) on

 

A post shared by ianmichaelblack (@ianmichaelblack) on

FOTO: iStock/skynesher

LEES OOK:

Haat jy jou nuwe haarstyl? Dís wat jy kan doen

Vermy hierdie foute wanneer jy jou hare kleur

Wetenskaplikes ontdek die geen vir grys hare

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Hoe om jou hare sonder hitte reguit te kry

Ja, dit ís moontlik!

Close