×
Skakel na Engels

Die nuutste skoonheidskopies, -kortpaaie en -tendense

GH se skoonheidsghoeroe sif deur die nuutste tendense sodat jy op jou mooiste kan lyk én voel!
Skoonheidskopies

DIE PROBLEEM:

“Ek begin elke middag klokslag om drieuur moeg lyk, veral rondom my oë. Het jy wenke wat my varser sal laat lyk?”

OPLOSSING: 

Party mense gaan kry ’n koppie koffie; ek gaan kry my blosser. Net ’n paar vegies laat my blosend en uitgerus lyk (selfs wanneer ek glad nie is nie), en dit werk fantasties vir moeë oë deur dit lewendiger te laat lyk.

Maak só: Wend ’n sagte pienk of perskekleurige blosser aan die appels van jou wange aan soos jy normaalweg sou en trek dan die blosserkwas al bo jou wangbene af. Daar behoort nog genoeg blosser op die kwas te wees; moet dus nie nog aanwend nie.

Tik nou die kwas op die middel van jou ooglede. Dit skep die illusie van ’n raam en sal jou oë laat uitstaan. As jy ’n blosender voorkoms verkies, gebruik ’n helderder kleur.

Pin hierdie artikel vir later! Volg Goeie Huishouding op Pinterest vir nog.

 V:

“Ek het gehoor dis ’n goeie idee om jou gesigrome en serums in die yskas te bêre. Hoekem is dit voordelig, of is dit sommer ’n ouvroustorie?”

Baie mense glo as jy jou velsorg- en selfs kosmetiese produkte koel hou of in die yskas bêre, sal jy die raklewe verleng of dit op ’n manier preserveer. Dit is egter nie heeltemal waar nie. Volgens die kenners is daar sekere produkte, soos grimering, wat eerder by kamertemperatuur gebêre moet word.

Bevogtigers en lyf- en oogrome kan in die yskas gehou word, maar die enigste voordeel sal in die somer wees wanneer ’n verkoelde room (probeer een met ’n jeltekstuur), serum of verfrisser kan help om swelling te verminder en sirkulasie te verbeter.

Dit werk veral met oogroom, want om ’n bietjie koue oogroom rondom moeë oë aan te tik, sal pofferigheid en donker kringe verminder. Hou in gedagte dat wanneer jy produkte in die yskas bêre , die tekstuur kan verander. Rome wat olies bevat, kan byvoorbeeld dikker raak, en naellak sal taaier word, wat dit moeiliker maak om aan te wend.

Nuwe neiging: Borrie

Dié antibakteriese, antiseptiese en antiinflammatoriese poeier verrig wondere. Dit bevat kurkumien, wat dit ryk aan antioksidante en ’n goeie teenverouderingsmiddel maak. As ’n pasta kan dit help om sebumvervaardiging te beheer en aknee te verlig. Dit help om branden ander wonde te genees en kan as ’n afskilferaar gebruik word.

Borrie is die ideale bestanddeel vir tuisgemaakte skoonheidsmiddels. Gebruik dit saam met voedende, ensiemryke bestanddele soos jogurt. Meng ¼ t borrie met 1 k Griekse jogurt en ’n bietjie heuning. Wend dit met opwaartse bewegings aan jou gesig aan, los dit vir 20 minute en spoel dit dan af.

FOTO: iStock/Peopleimages

LEES OOK:

Hoe om jou sonroom op te knap sonder dat jou grimering in die slag bly

Skoonheidswenk: Hoe om tatoes met grimering te verbloem

Ons ontbloot agt algemene mites oor grimering en velsorg

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief