×
Skakel na Engels

Die maklikste manier om ’n nuwe stokperdjie te beproef

Kry ’n smakie van iets sonder om dadelik ’n langtermynbesluit te neem
stokperdjie

Wanneer laas het jy ’n stokperdjie beoefen? Ons behoort almal iets te doen wat ons vir ’n wyle van die sorge van die lewe laat vergeet. Stokperdjies – aktiwiteite waarin ons belangstel of wat ons geniet en ons laat ontspan – is veronderstel om presies dit te doen. Maar die lewe gaan sy gang en dis nie altyd maklik om met ’n nuwe stoperdjie vol te hou nie.

Dalk wou jy nog altyd leer branderplank ry, maar is bang jy lyk belaglik of selfs dat jy kan seerkry. Of dalk wil jy ’n bobaaskok word, maar weet nie waar om te begin nie. Gelukkig is daar maniere om ’n nuwe aktiwiteit ’n kans te gee sonder dat jy dadelik ’n langtermynbesluit hoef te neem.

Een van die beste maniere om dit te doen, is deur Airbnb Experiences, wat jou byvoorbeeld toelaat om ’n kookles of nuwe hardlooproete saam met ’n plaaslike kenner aan te durf. Die aanbieder sal leiding gee en ook hul kennis en ondervinding deel, asook enige vrae wat jy mag hê, beantwoord.

Airbnb Experiences is vanjaar in Kaapstad bekendgestel en bied ’n wye verskeidenheid stokperdjie-ervarings vir uiteenlopende belangstellings. Ons het die top-ervarings ondersoek vir diegene wat iets nuuts wil probeer.

Vir voornemende MasterChef-deelnemers

Airbnb bied ’n wye verskeidenheid koservarings, van kaasproe tot braailesse. Jy kan die plaaslike kosredakteur Nikki Werner se Cook Cape Town-ervaring meemaak, waar jy sal leer om plaaslike Kaapse geregte soos bobotie en malvapoeding te maak. Werner bied Super Tasters aan, wat jou op ’n tweedagtoer van die Moederstad se kosplekke neem.

As jy in ’n veganisleefstyl belangstel, probeer Generous Earth, ’n ervaring wat veganistiese kooklesse en ’n veganiswynproe en -piekniek insluit, alles oor drie dae aangebied.

Vir die avontuurlustiges

As jy iets meer aktief as kook in gedagte het, is Airbnb se adrenaliengedrewe ervarings net vir jou! Surf Cape Town’s Waves is die perfekte manier vir voornemende branderplankryers om by gesoutes in dié sport te leer hoe dit gedoen word.

Plaaslike kennis is belangrik wanneer dit by dié ervaring kom, aangesien jy van Suid-Afrika se unieke branderplankkultuur vertel sal word terwyl jy die fynere kunsies van dié sport geleer word voordat jy die branders aandurf.

As die oseaan nie jou idee van pret is nie, kan jy ’n fietsrit teen sonsondergang vlak onder Tafelberg saam met ’n plaaslike professionele fietsryer geniet, plaaslike hardlooproetes aandurf saam met ’n atleet van die stad, of jy kan selfs op ’n waterponie dolfyne en pikkewyne gaan soek.

Vir geskiedenisliefhebbers

Stokperdjies is natuurlik nie altyd fisiek van aard nie. Soms gaan dit daaroor om die horisonne in jou kop te verbreed. Die One City, Many Cultures-ervaring bied aan jou die kennis van ’n Kapenaar terwyl jy deur Kaapstad se historiese middestad stap, meer leer oor die stad se verlede, plaaslike lekkernye geniet en Kaapstad se unieke jazz-klanke in ’n jazz-klub waardeer.

Prison Warder bied ’n unieke perspektief op Nelson Mandela se jare lange gevangeskap op Robbeneiland. Die toer word aangebied deur een van die wagte wat die oudpresident bewaak het.

Vir kreatiewes

Vir kreatiewe siele bied Airbnb verskeie kunsverwante ervarings. At Home with Artists neem jou letterlik na die huise van drie Kaapse kunstenaars wat hul wedervaringe as Suid-Afrikaanse kunstenaars tydens en ná apartheid sal deel, en ook hoe hul gemeenskappe hul werk beïnvloed het. 

Studio Visiting & Sketching is ietwat meer prakties, want jy geniet ’n glasie wyn terwyl jy in ’n kunstenaar se tuisateljee leer skets. Jy kan ook iets heeltemal anders probeer, soos ’n inleidende keramiekklas by Explosive Ceramics 101, of raak meegevoer deur plaaslike township-kuns tydens die All Artists Here-ervaring wat oor drie dae aangebied word ten bate van die Maboneng Township Arts Experience.

FOTO: iStock/UberImages

LEES OOK:

3 maniere om ekstra geld met jou huis te verdien

10 reise waarop elke vrou behoort te gaan

14 huiswenke wat jou geld sal spaar

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief