×
Skakel na Engels

Die kosse wat jy moet eet om te keer dat jy sproei kry

Hierdie veranderinge aan jou dieet sal jou help om slegte bakterieë te beveg
Die kosse wat jy moet eet om te keer dat jy sproei kry

Sproei raak 75% van vroue in een of ander stadium van hul lewe en kan dikwels herhaaldelik voorkom. Daar is baie en verskillende redes waarom ons veranderinge aan ons dieet aanbring: om gewig te verloor, vir ’n beter vel, beter spysvertering … maar om vir vaginale gesondheid te eet is waarskynlik nie iets waaroor jy al baie gedink het nie.

Maar om seker te maak dat hierdie reproduktiewe orgaan gesond en gelukkig bly, is ’n goeie rede om jou dieet af te wissel – dit kan jou help om slegte bakterieë te beveg en alles oor die algemeen reg te laat werk. Hier verduidelik dr. Karen Morton, konsultant-ginekoloog en stigter van die Amerikaanse mediese hulplyn Dr Morton’s, wat ons moet eet om gisinfeksies te beveg.
 
 
Daar is verskeie redes hoekom ’n vrou ’n gisinfeksie (soos sproei) kan kry, waaronder om oorgewig te wees.

“Oorgewig lei tot ’n sweterige kruis en ’n vatbaarheid vir swaminfeksies in die lies, en as dit tot diabetes lei, is die kans om herhaaldelik sproei te kry selfs groter,” sê dr. Morton. Dit is omdat hoë suikervlakke tot beter toestande vir die groei van gis lei. Fokus daarop om ’n gesonde, gebalanseerde dieet te volg wat jou toelaat om ’n gesonde gewig te handhaaf om jou kans te verminder om tipe 2-diabetes te ontwikkel.

 
“Dit inaggenome, selfs skraal vroue kan die onaangename ervaring van ’n maaskaasagtige afskeiding en brandende irritasie hê, wat ’n gis- (candida) of sproei-infeksie beteken. Die eerste infeksie kan dikwels plaasvind weens skawing nadat jy seks gehad het wat gebeur het omdat jy nie ontspanne was en behoorlike smering gebruik het nie,” sê dr. Morton. “Vroue wat herhaalde infeksies kry, word gewoonlik via hul dermkanaal herbesmet, waar gis skadeloos in balans met miljoene bakterieë leef. Om die bakterieë in die dermkanaal te versterk sal daardie ekostelsel teen gis beskerm. Dit sal dus help om elke dag ’n probiotiese drankie te drink en gisryke kos soos brood, bier en korserige kase te vermy.”

Lees ook: Hoe om kefir te maak

Probiotiese drankies met lewende bakterieë, asook gefermenteerde kosse (soos kefir, sauerkraut, miso en kimchi) sal help om die gisvlakke in jou dermkanaal so laag as moontlik te hou. As jy tot hierdie soort infeksies geneig is, sal ’n daaglikse probiotiese drankie help dat die infeksies minder gereeld voorkom en ’n groot rol speel om dit in toom te hou. Jogurt met lewende probiotika sal ook werk.

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Hoe om kefir te maak

Kefir is ’n gefermenteerde jogurt met uitmuntende probiotiese eienskappe. Dis so maklik om te maak – kyk hier!

Close