×

Die Heathrow-lughawe het hul eerste Kersadvertensie tot nog toe bekendgestel en dis fantasties

Dit verdien ’n staande toejuiging
Heathrow

 

Dis nie net die groot afdelingswinkels en supermarkte wat ons vanjaar met sjarmante verhale in hul pragtige Kersadvertensies bederf nie – vanjaar het die Heathrow-lughawe ook een. Die grootste Britse lughawe het hul eerste feesadvertensie tot nog toe uitgereik, en dis absoluut bekoorlik.

Die emosionele snit het twee sleutelkomponente wat dit ’n fantastiese Kers-/reisadvertensie maak: teddiebere en goeie musiek. Die advertensie volg ’n oulike beerpaartjie wie se reis deur die lughawe moeilik is en waarmee ’n mens kan assosieer. Nadat hulle gesukkel het om hul bagasie te kry en ’n versnapering by die lughawe se geriefswinkel te probeer koop, kyk die bere senuagtig rond vir hul familie by die aankomssaal. Dit is wanneer die paartjie wonderbaarlik in mense verander en deur twee opgewonde kleinkinders gegroet word.

“Kersfees is my gunstelingtyd van die jaar by Heathrow – die lughawe gons met families en vriende wat in hierdie spesiale tyd van die jaar herenig,” het Heathrow se kommersiële direkteur, Jonathan Coen, aan The Drum gesê.

“Ons is dol oor die film en hoop die bere se reis deur die lughawe vang die opwinding vas wat jy voel wanneer jy in die Kerstyd deur Heathrow se aankomssaal in die arms van jou geliefdes inloop.”

In die algemeen is die advertensie se boodskap kort en kragtig: Om huis toe te kom is die beste geskenk – en ons stem heelhartig saam.
 

Via: Good Housekeeping UK

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief