×
Skakel na Engels

Die grootste foute wat jy met jou skottelgoedwasser maak

Kry jou skottelgoed die eerste keer silwerskoon. Deur Michaelle Exhume

Wanneer dit by gerief kom, is daar niks beter as ’n skottelgoedwasser nie, maar dit alles help niks as jy dit nie reg gebruik nie.

open dishwasher with clean dishes with a woman in red dress standing next to itsimilar images:

1. Jy oorlaai dit

As jy te veel borde probeer inpak, sal jy eindelik dubbel die werk moet doen. As die borde geblokkeer is en die water nie daarby kan uitkom nie, sal dit nie skoon word nie.

2. Jy rangskik borde verkeerd

Jy moet strategies wees wanneer jy die skottelgoedwasser laai. Sit die vuilste artikels in die middel van die onderste rak sodat dit na die sproeiarm toe wys. En maak seker niks groots blokkeer die seephouer nie, want dit kan keer dat die doseerhouer reg oopmaak en dat seep behoorlik vrygestel word.

Verwant: Ons het 6 skottelgoedwassers getoets, kyk watter een pas die beste by jou beheoftes

3. Jy gooi jou reiniger in die masjien

Enkeldosis-reinigerpakkies moet in die seephouer geplaas word. As jy dit onderin die skottelgoedwasser gooi, sal dit te vinnig gedurende die voorwassiklus oplos en dan is daar nie reiniger vir die hoofwassiklus nie.

4. Jy pak glase oor die pennetjies op die boonste rak

As glase nie stewig tussen die pennetjies gepak word nie, kan dit breek, want die pennetjies plaas druk daarop. Dit sal ook meer geneig wees om kolle te hê waar die pennetjies aan die glas raak.

5. Jy meng silwer- en vlekvryestaalgerei in die platwaremandjie

As dié twee ongelyksoortige metale aan mekaar raak, kan dit met mekaar reageer, wat invreting kan veroorsaak.

6. Jy sit hout, beenporselein of enige iets handgeverf in die skottelgoedwasser

Dit is ’n fout wat jy net een keer sal maak, maar as dit ’n waardevolle artikel is, sal ons wenk hopelik keer dat jy op die harde manier leer!

Michaelle Exhume is ’n analis in die reinigings-en-huisproduktelaboratorium van die Goeie Huishouding-navorsingsinstituut.

Hierdie artikel is oorspronklik op Goodhousekeeping.com gepubliseer

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Verwyder gesmelte plastiek uit jou oond

Het jy die knoffelbrood in sy omhulsel gelos? Lees hier hoe om maklik van ’n gesmelte gemors op jou oondrakke...

Close