×

Die Groot Mammo-debat

Moet ek ’n mammogram laat doen of nie? Dis die vraag wat vir vroue in hul veertigs aanhou kwel.

 

Alhoewel studies van vroue in hierdie ouderdomsgroep wisselende resultate lewer, het ’n hersiening van pasiënte se rekords deur die University of Missouri in die VSA getoon dat wanneer ’n gewas deur ’n mammogram ontdek word (in vergelyking met gewasse wat gevind word nádat ’n vrou simptome ontwikkel het of wanneer haar dokter ’n knop opgespoor het), dit een derde kleiner is en die helfte so geneig is om na die limfkliere te versprei. Die vroue in die mammo-groep is ook meer geneig om te oorleef en om kankervry te wees na vyf jaar (94% teenoor 71%), vertel die hoofnavorser, dr. Paul Dale.

Steeds onseker wat vir jóú reg is? Bespreek al die risikofaktore, insluitende alkoholverbruik, gewigsgeskiedenis en oefeningpatrone met jou dokter.

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Skakel na Engels

Die groot mammo-debat

Moet jy ’n mammogram laat doen of nie? Ons het die antwoorde:

Getty Images

 

Moet ek ’n mammo laat doen of nie? Dís die vraag wat vir vroue in hul veertigs aanhou kwel.

 

Alhoewel studies van vroue in hierdie ouderdomsgroep wisselende resultate lewer, het ’n hersiening van pasiënte se rekords deur die University of Missouri in die VSA getoon dat wanneer ’n gewas deur ’n mammogram ontdek word (in vergelyking met gewasse wat gevind word nádat ’n vrou simptome ontwikkel het of wanneer haar dokter ’n knop opgespoor het), dit een derde kleiner is en die helfte so geneig is om na die limfkliere te versprei. Die vroue in die mammo-groep is ook meer geneig om te oorleef en om kankervry te wees na vyf jaar (94% teenoor 71%), vertel die hoofnavorser, dr. Paul Dale.

 

Steeds onseker wat vir jóú reg is? Bespreek al die risikofaktore, insluitende alkoholverbruik, gewigsgeskiedenis en oefeningpatrone met jou dokter.

 

Lees ook:

Die eerste tekens van borskanker

Wat is die kans dat jý borskanker kan kry?

 

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Hou op rook in 10 stappe

Om op te hou rook is nie kinderspeletjies nie, maar hierdie wenke sal dit makliker maak om sterk te staan...

Close