×
Skakel na Engels

Die grondboontjiebottertoets wat vroeë stadiums van alzheimersiekte kan diagnoseer

Is jy dapper genoeg om hierdie alzheimer-toets te doen?
alzheimersiekte

Meer as 44,4 miljoen mense wêreldwyd het na raming demensie. Hierdie getal sal in 2030 na raming tot 75,6 miljoen styg en in 2050 tot 135,5 miljoen. Tans leef 62% van mense met demensie in ontwikkelende lande, maar teen 2050 sal dit tot 71% styg. 

Volgens Suid-Afrika se sensusopname in 2011 is daar sowat 2,2 miljoen mense in die land met een of ander vorm van demensie. In Amerika het ’n geraamde 5,2 miljoen mense in 2014 alzheimersiekte gehad, en sowat 500 000 senior burgers sterf elke jaar as gevolg daarvan.

Lees ook: 7 maniere om ’n geliefde met angs of depressie te help

Dit is belangrik om hierdie syfers in gedagte te hou, want hoe meer mense oor ’n kwessie weet, hoe meer kan hulle daaraan doen.

Navorsers aan die Universiteit van Florida in die VSA het ’n vinnige, bekostigbare manier gekry om dié siekte in ’n vroeë stadium te diagnoseer: met die “grondboontjiebottertoets”. In die studie is ’n liniaal langs ’n proefpersoon se gesig geplaas en is ’n houer grondboontjiebotter laer af met die liniaal gehou.

Die proefpersoon is gevra om albei oë toe te maak en een neusgat op ’n keer. Hulle is toe gevra om te sê wanneer hulle die grondboontjiebotter kon ruik, terwyl die navorser die houer al met die liniaal langs nader en nader aan hul gesig gebring het. Al die proefpersone wat aan die toets deelgeneem het, het óf matige kognitiewe aantasting, óf alzheimersiekte óf ander vorms van demensie gehad.

In die navorsing is bevind dat deelnemers met die siekte meer gesukkel het om die grondboontjiebotter deur die linkerneusgat te ruik as deur die regterkant. Individue met alzheimersiekte kan hul reuksin verloor lank voordat enige geheue-aantasting plaasvind. As die siekte vroeg opgespoor word, kan dit dokters help om die regte medikasie aan pasiënte voor te skryf wat die uitwerking van alzheimersiekte kan vertraag. 

Kyk asseblief hierdie video en deel dit om ander mense bewus te maak:

FOTO: iStock/sergoua

LEES OOK:

7 minder bekende simptome van demensie

Hoe om beter met iemand met demensie te kommunikeer

Voorkom alzheimersiekte

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
7 minder bekende simptome van demensie

Hoewel geheueverlies een van die bekendste tekens van demensie is, is dit nie altyd die eerste een nie en beslis...

Close