×
Skakel na Engels

Die gewildste naelmodes vir die somer

Laat jou naels dié somer ’n stylstelling maak
naelmodes

Hierdie tyd van die jaar vul al wat ’n vrou is haar klerekas met blombedrukte en helder klere, maar wat van jou naels? Hulle kan nie afsteek nie 😉 Hier is die gewildste naelmodes vir die nuwe seisoen.

Pin hierdie artikel vir later! Volg Goeie Huishouding op Pinterest vir nog. 

1. Moderne metaalkleure

Dis treffend en sjiek en beslis iets wat jy dié somer moet probeer. Hou dit eenvoudig en verf die hele nael in ’n metaalkleur, of probeer ’n paar interessante ontwerpe. Nog ’n idee is om jou gewone Franse manikuur op te dollie en net die punte van jou naels in ’n metaalkleur te verf, met die res in ’n neutrale naellak.

As dit te lank neem of jy dit eenvoudig nie regkry nie, verf ’n eenvoudige streep metaalkleur naellak oor neutrale nalpolitoer. Eenvoudig en stylvol – dit bly ’n wen-stylkombinasie!

2. Swart aksente

 

#octobernails #allacryliceverything #blackaccentsnails #regalnailselcampo #regalnails

A post shared by Hang Nguyen-Tran (@regal_nails344) on

Swart is weer groot nuus wat naelmodes betref. Verf ’n vertikale streep oor jou naels met ’n matswart naelpolitoer vir ’n treffende stylstelling, of verf ’n dun strepie al langs jou naelbed of net op die punte. Hoe jy dit ook al gebruik, swart aksente bly gewild en kan maklik met ’n spatsel kleur opgekikker word.

Vir ’n vars voorkoms kan jy helder kleure met die swart kombineer (verf byvoorbeeld die hele nael in ’n kleur en rond die rand van jou naels met ’n strepie swart af) of skep ’n sagter effek deur pastelpienk te gebruik – verf al jou naels met die ligte pienk en verf dan een nael (soos jou ringvinger) heeltemal of gedeeltelik swart.

3. Kleurblokke

Hierdie is een van die vrolikste en prettigste naelneigings vir die somer! Speel met verskillende patrone soos kolle of strepe, of verf jou naels met ’n natuurlike kleur en omlyn dit dan met iets soos helderrooi.

As jy van vorms hou, kies drie verskillende kleure om geometriese vorms mee te skep. Of put inspirasie uit die 70’s met strepe oor die hele nael of bloot aksente in die hoekies. 

4. Grafiese Franse manikuur

 

💅 #graphicfrench #nails #coloursoftherainbow #goldcuticles #dryingmynailskeepsmeengagedinunireading

A post shared by Chantal Spiccia (@littleowllover90) on

Keer hierdie gewilde naelstyl op sy kop deur dit ’n moderne kinkel te gee – pleks van wit punte, wees kreatief en verf die punte van jou naels in allerhande helder kleure. Neem dit selfs ’n stappie verder en versier jou naels met geometriese vorms in naellak met ’n mooi helder glans.

Jy kan ook twee komplementêre kleure kies, dit afwissel en die punt van jou nael met ’n skuinshoek verf. Om die voorkoms steeds klassiek eerder as kinderlik te laat lyk, verf jou nael eers met ’n neutrale kleur en hou jou naels kort en gerond.

5. Neutrale skakerings

 

#nails #nudes #neutralnails #germanwhip #sexy #power #car #german #mercedes #mercedesbenz 💖

A post shared by MiaaaK (@mk__2221) on

Dis veral goed vir mense met ovaal- of amandelvormige naels omdat dit jou naels langer laat vertoon. Dit laat jou vingers boonop sag en vroulik lyk, maar jy kan dit steeds vir die vakansie opvrolik met strepies van verskillende neutrale skakerings of deur dit saam met sagte wit te gebruik.

Verf jou naels met ’n babapienk naelpolitoer en versier dit met strepe in ’n roosskleur. Of hou dit eenvoudig en verf alles dieselfde kleur. Of wissel sagte pienk en wit strepies af. Die opsies is eindeloos! 

6. Naelversierings

Gee jou naelvliese ’n bietjie aandag deur hierdie byderwetse neiging te beproef wat as “naeljuweliersware” beskryf word. Kies helder kleure, iets wat mooi blink of sagter en meer neutrale versiersings vir ’n klassieke voorkoms.

Probeer ’n eenvoudige grys buitelyn of kontrasterende kleure, en onthou dat ’n neutrale basiskleur noodsaaklik is. Deur al die kleure naby aan jou naelvlies te plaas, lei jy die aandag daarheen. Sorg dus dat jou hande en naels bevog is.

FOTO: iStock/petrenkod

LEES OOK:

Vyf maklike maniere om geel vlekke van jou naels te verwyder

Hou só op om jou naels te kou

’n Manikuur vir ’n goeie doel: Aktivisme deur naelkuns

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
8 van die beste vloeibare lipstiffies om dié somer te probeer

Waarvoor wag jy?

Close