×
Skakel na Engels

Die gewildste emoji in SA is …

Want ons hou van ’n viering, of hoe?

Die kuns van emoji’s het die manier waarop almal teksboodskappe stuur heeltemal verander. Nou kan jy, pleks van woorde gebruik om gevoelens soos frustrasie te beskryf wanneer jou man jul afspraakaand kanselleer omdat hy laat moet werk, net vir hom ’n gesiggie stuur met trane wat daarvan afstroom. Dis as’t ware ’n universele taal, maar nie alle lande gebruik dieselfde ikone dieselfde nie.

’n Nuwe opname van Twitter-data onthul die top-emoji’s wat op verskillende plekke oor die wêreld heen gebruik word. Volgens die studie gebruik ons Suid-Afrikaners die twee hande wat gelig word om ’n viering aan te dui die meeste. Dit sê baie oor ons positiewe energie, vergeleke met lande soos die VSA, Brittanje en Kanada wat die fronsgesiggie blykbaar die meeste gebruik. Ons is nie moeg nie; ons is reg om te vier!

Intussen bars Turkye, Indonesië en die Filippyne amper van geluk. Mexiko en Indië gebruik baie die biddende hande. En Latyns-Amerika bewys hulle is die musikales, met Colombia, Brasilië en Argentinië wat musieknote bo die ander emoji’s verkies.

Kyk gerus hier:

gallery-1468856026-most-tweeted-emojis

Van: www.goodhousekeeping.com

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Kyk hoe lyk die 72 nuwe emoji’s wat op pad is

UITEINDELIK, ’n avokado! Deur Vicky Chandler

Close