×
Skakel na Engels

Die feite oor wat met jou liggaam gebeur wanneer jy ’n babelaas het

’n Apteker gee raad oor hoe om beter te voel
babelaas

Alkohol het ’n diuretiese uitwerking, wat beteken dit verwyder vloeistowwe uit die liggaam. Dit veroorsaak dat jy meer dikwels urineer, wat tot dehidrasie lei en die volgende dag simptome soos hoofpyn, moegheid en ’n droë mond veroorsaak.

Wat kan jy doen om die gevolge te verlig ná ’n aand se vieringe?

Eerste stap: Rehidreer

Die eerste manier om oor ’n babelaas te kom is om baie water te begin drink. Dit sal help om jou liggaam te rehidreer en die pynlike simptome te verlig. Om báie water te drink, veral voordat jy gaan slaap ná ’n aand uit, sal jou herstel aanhelp. Jy kan ook rehidrasiesakkies soos Dioralyte probeer wat sal help om verlore minerale en sout te vervang, veral as jy siek was.

Dan: Kry ’n pynpil

Oor-die-toonbank-pynpille is nuttig om met hoofpyne, spierpyne en ander pyne te help. Maar kies jou pynmiddel versigtig: Aspirien kan jou maag irriteer en die risiko verhoog dat jy sal naar raak. Dit is dus beter om parasetamol te drink. Oplosbare parasetamol is ’n goeie keuse omdat dit vinniger sal werk.

3. Eet is nié kul nie

Eet iets voordat jy alkohol drink, want dit sal die absorpsie van die alkohol vertraag.

4. Moenie meng nie

Vermy dit om jou drankies te meng. Hou tred van wat jy drink en ken jou perke. Die app Mydrinkaware is nuttig hiervoor.

5. Bly weg van donker drankies

Vermy of beperk drankies wat natuurlike chemikalieë genaamd kongenere (onsuiwerhede) bevat. Drankies met ’n donker kleur bevat gewoonlik baie kongenere, byvoorbeeld whisky, brandewyn en goedkoop rooiwyne. Kongenere kan bloedvate en weefsels in die brein irriteer en die simptome van ’n babelaas vererger.

(via NetDoctor

Lees nog:

5 moet-hê-goed vir jou draagbare noodhulpstel

6 maniere om oogspanning weens rekenaargebruik te keer

Wanneer het ek regtig antibiotika nodig?

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
14 Valentynsdrankies

Niks is so romanties soos vonkelwyn en soet drankies nie. Probeer een van dié lekker drankies vir Valentynsdag Deur Leah...

Close