×
Skakel na Engels

Die ene spiere en verstand

Kan oefening jou slimmer maak?

 

 

Praat van twee vir die prys van een: hoë-intensiteitsoefening gee jou intelligensie óók ’n hupstoot terwyl dit oortollige kilojoules kafdraf. Ná vier maande van kragoefeninge asook kardiovaskulêre oefeninge met tussenposes (’n halfuur se 30 tot 45 sekondes van doelgerigte fietsry afgewissel met dieselfde hoeveelheid rustyd), het oorgewig vroue en mans by die Montreal Heart Institute in Kanada se kilo’s weggesmelt terwyl hul middels én hul risiko vir hartsiektes gekrimp het. Hulle het ook verstandelik skerper gevoel en dit was inderdaad ook so, met puntetellings wat met soveel as 25% vir kog- nitiewe toetse gestyg het. ‘Meer suurstof het hul breine bereik en dis ook goed benut,’ aldus dr. Anil Nigam, die hoofstudieskrywer.

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
3 Van die Beste Koppies Tee

Jou gunsteling-koppie tee het meer voordele as net die heerlike smaak

Close