×
Skakel na Engels

Die datum en venue vir prins Harry en Meghan Markle se troue is pas aangekondig

Dit gaan nie naastenby so spoggerig soos Will en Kate s’n wees nie. Deur Caroline Picard
Meghan Markle

Asof die nuus van nog ’n koninklike baba nie opwindend genoeg was nie, het prins Harry en Meghan Markle die wêreld aan die gons sedert die aankondiging van hul verlowing. Die paartjie het mekaar in Mei 2016 ontmoet, en die Prins vertel dat hy dadelik geweet het sy is “die één”.

Hier is alles wat jy tot dusver van hierdie tweetjies se troue moet weet.

Dit gaan in Mei 2018 plaasvind

Kensington-paleis het bevestig die troue gaan in die Europese lente plaasvind, maar die presiese datum is nog onbekend. Dit beteken skoonsus Kate Middleton sal waarskynlik hoop haar maand oue baba begin nie tydens die seremonie huil nie.

 

Dit gaan in Windsor-kasteel gehou word

Die paartjie gaan mekaar die ja-woord in die St. George-katedraal gee, wat op die koninklike woning se terrein geleë is. Dis kleiner as Westminster-abdy, waar William en Kate getrou het, maar spoggerig genoeg vir ’n hoëprofiel- koninklike troue. Prins Charles se jonger broer, prins Edward, het byvoorbeeld in 1999 hiér aan Sophie Rhys-Jones trou beloof.

St. George’s-kapel, Windsor-kasteel (Gallo Images/Getty Images)

Hoewel die katedraal perfek vir hierdie soort geleentheid is, moes die Koningin tegnies steeds vir die paartjie toestemming gee om hier te trou. Gelukkig het Harry se ouma dadelik ingestem.

Dit gaan op TV uitgesaai word

Jy hoef nie ’n uitnodiging in die pos te ontvang om dié troue by te woon nie. ’n Woordvoerder vir die paartjie het aan Us Weekly gesê die seremonie sal aan kykers oor die wêreld heen uitgesaai word.

“Die paartjie wil natuurlik hê die dag moet ’n spesiale, feestelike geleentheid vir vriende en familie wees,” het hy gesê. “Maar hulle wil ook hê so veel moontlik lede van die publiek moet in die feesviering kan deel en hulle bespreek tans idees oor hoe om dit die beste uit te voer.”

Die koninklike familie sal vir die troue betaal

Net soos met prins William se troue sal die bruidegom se familie vir die meeste uitgawes verantwoordelik wees. Die Koningin het hierdie jaar meer as $108 miljoen in inkomste ontvang; ’n begroting van sewe syfers is dus nie te vergesog nie. Kate Middleton se ouers het egter destyds “heelwat bygelas” vir hul dogter se troue. ’n Bydrae van Markle se ouers is dus nie buite die kwessie nie.

Hulle gaan albei nuwe titels kry

Die monarg gee gewoonlik nuwe titels aan koninklike mans wanneer hulle trou, en prins Harry is geen uitsondering nie. Kenners voorspel dat prins Harry die hertog van Sussex gaan word, wat sy nuwe bruid die hertogin van Sussex en ’n “Haar Koninklike Hoogheid” sal maak. Sy kan ook prinses Henry van Wallis genoem word, maar Markle sal nie ’n regte prinses word nie omdat sy nie koninklike bloed het nie.

Die seremonie gaan meer “informeel” wees

Goed, geen koninklike troue kan werklik informeel wees nie, maar dit gaan beslis nie so ’n spoggerige affêre soos in 2011 wees nie. Siende dat Markle al voorheen getroud was, sal die paartjie moontlik net ’n “inseëningsdiens” hê, het die historikus Hugo Vickers aan People vertel. “Ek glo nie prins Harry sal ’n groot, spoggerige troue wil hê nie,” het hy gesê. “Hy sal dinge op sy eie manier wil doen.” Scot Peterson, die skrywer van Legally Married: Love and Law in the UK and the US, stem saam. “Dit gaan nie noodwendig ’n groot, glansryke seremonie wees nie,” het hy gesê. “Dit sal meer soos Charles en Camilla s’n wees.”

Markle sal waarskynlik ’n eenoudige rok dra

“My persoonlike styl – hetsy vir ’n troue of nie – is baie onopgesmuk en ontspanne,” het die aktrise verlede jaar aan Glamour vertel. “Klassiek en eenvoudig, dalk met ’n moderne kinkel.” Moontlike ontwerpers vir haar trourok sluit in Elie Saab, Erdem, Antonio Berardi, Gile Deacon, Ralph & Russo, Emilia Wickstead, Temperley London, Jenny Packham en Amanda Wakeley.

Markle kan dalk ook van haar vriendin, die ontwerper Misha Nonoo, gebruik maak. Nonoo het blykbaar ook die tweetjies aan mekaar voorgestel.

Die kalligrafie gaan uit die boonste rakke wees

“Ek was voorheen ’n kalligraaf vir troues en geleenthede – dit was my ekstra inkomste terwyl ek oudisies gedoen het,” het Meghan verlede jaar aan Goeie Huishouding vertel. Hoewel dit onwaarskynlik is dat sy self vir die skryfbehoeftes van hul troue verantwoordelik sal wees, vermoed ons die koninklike skrywers voel dié keer ekstra gespanne! 

Van: Good Housekeeping US

FOTO: Gallo Images/Getty Images

LEES OOK:

Só lyk prins Harry en Meghan Markle se “kothuis”

Prins Harry en Meghan Markle is verloof!

Prins Harry en Meghan Markle maak hul eerste openbare verskyning as ’n paartjie

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Húlle kan dalk Meghan Markle se strooimeisies wees

Wie van hierdie vroue gaan volgende jaar saam met Meghan in die paadjie afstap?

Close