×
Skakel na Engels

Die beste wintergeure

Die weer is dalk sleg, maar dit beteken nie dat jy nie heerlik kan ruik nie!
wintergeure

Calvin Klein, Deep Euphoria

Deep Euphoria, ’n nuwe weergawe van die oorspronklike 2005-reeks, is ’n chypre-blommegeur met roos-, jasmyn-, hout- en muskusnote wat dit ideaal vir die oorgang van herfs na winter maak. Dit is ’n uitdagende parfuum, perfek vir ’n aandjie uit en ’n geurige pasmaat vir kouer, bewolkte dae.

Deep Euphoria – Calvin Klein

Giorgio Armani, Sì

Dié parfuum, wat in 2013 bekendgestel is en deur die aktrise Cate Blanchett verteenwoordig word, is sexy én snoesig, met warm vanielje-topnote en ’n hout- en sagte speserybasis. Voeg daarby soet bessie-akkoorde vir ’n bedwelmende geur wat gewaarborg is om koppe én neuse te laat draai!

Giorgio Armani Si winter fragrance

Giorgio Armani – Sì

Gucci, Guilty Intense 

Wie ook al gesê het dat wintergeure houtagtig, oosters en aromaties moet weet, het duidelik nog nooit Gucci se Guilty Intense geruik nie. Dié geur is vir dapper, sexy en selfversekerde vroue ontwerp en die nartjie-, pienkpeper- en ambernote maak dit romerig en ryk sonder om te oorweldgend te wees.

Gucci Guilty winter fragrance

Gucci – Guilty Intense

Marc Jacobs, Divine Decadence

Die glansryke verpakking is nie naastenby die beste deel van hierdie bedwelmende parfuum is nie. Divine Decadence is verlede jaar bekendgestel, en die sensuele en luukse blommegeur met sjampanje-, bergamot, lemoenbloeisel-, katjiepiering- en kamferfoelienote skep ’n warm dog vars geur.

Divine Decadence Marc Jacobs winter fragrance

Marc Jacobs – Divine Decadence

Dolce & Gabbana, The One

Die klassieke geur van dié steeds gewilde parfuum beliggaam glans en sofistikasie en sal om al die regte redes aandag trek. Met topnote van bergamot, nartjie, lietsjie en perske en basisnote van vanielje, amber en muskus is The One dalk net die een vir jou.

The One Dolce & Gabbana winter fragrances

The One – Dolce & Gabbana

Yves Saint Laurent, Black Opium

Black Opium, bekend as dié geur  van die nuwe millennium, is jeugdig, sterk en sensueel met note van vanielje, koffie, wit blomme en sagte, warm speserye – die volmaakte winterkombinasie! Die parfuum is soet, maar uitdagend en in die drie jaar sedert sy bekendstelling het die geur ’n internasionale gunsteling geword. Black Opium verdien ’n plek in elke winterparfuumversameling.

Black Opium Yves Saint Laurent winter fragrance

Black Opium – Yves Saint Laurent

 

FOTO: iStock/mustafagull

LEES OOK:

Laat jou parfuum só langer aanbly

Hoe om die perfekte geur te vind

Ontdek jou perfekte fyngeur

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
6 kosse wat meer vitamien C as lemoene bevat

Met die seisoene wat vinnig aan die verander is, is dit waarskynlik nie ’n slegte idee om jou immuunstelsel met...

Close