×
Skakel na Engels

Die beste skoonheidsolies vir jou hare en vel

Kies die regte en beste olies vir jóú
skoonheidsolies

Teen hierdie tyd weet ons dat die gebruik van skoonheidsolies hope voordele inhou. Maar watter olies is die beste? Ons deel graag ons gunstelinge en waarom ons mal is daaroor. 

Pin hierdie artikel vir later! Volg Goeie Huishouding op Pinterest vir nog. 

Klapperolie

Hierdie olie is ’n veelsydige staatmaker. Gebruik dit om jou grimering te verwyder, jou gebarste elmboë en hakke in te smeer, en kam dit deur jou hare vir ’n voedende masker.

Druiwesaadolie

Vir mense wat tot geneig is tot akneë, kan hierdie olie die oplossing wees. Dit het sterk sametrekkende eienskappe en bevat linoleïensuur wat reinigend en strelend op die vel inwerk.

Lees: Hoekom essensiële olies deel van jou skoonheidsroetine behoort te wees

Jojoba-olie

Jojoba is ’n wonderlike keuse vir mense wat ’n olierige kopvel of vel het. Aangesien dit baie soos menslike huidvet is, kan dit help om die epidermis se olieproduksie te reguleer. 

Sesamsaadolie

As ’n middel wat lank reeds deel van Ayurvediese medikasie is, is sesamsaadolie bekend vir sy antibakteriële eienskappe. Verder is dit effektief in die verligting van velirritasies soos sonbrand.

Soetamandelolie

Indien jy allergies vir neute is, moet jy hierdie olie liefs vermy. Maar indien nie, is dit ’n wonderlike manier om van dooie vel en vuiligheid ontslae te raak. Dit word selfs gebruik om pigmentasie te verminder. 

Lees: Oliespoeling: Die jongste omgewingsvriendelike skoonheidsneigings

Kasterolie

Jamaikaanse swart kasterolie word dikwels aangewend om hare vinniger en dikker te laat groei. Aangesien dit so dik is, kan ’n mens dit op growwer hare aanwend om vog in te seël. 

Roosbottelolie

Met sy vitamien C en likopeen help hierdie olie jou vel om sy elastisiteit te behou. Dit maak dit ideaal as teenverouderingsmiddel en is wonderlik vir swanger vroue. 

Nagblomolie

Vir diegene wat aan veltoestande soos ekseem ly, kan hierdie olie moontlik die antwoord wees. Dit bevat vetsure wat kan help om ’n gejeuk en irritasie te verlig. 

FOTO: iStock/5PH

LEES OOK:

Hoekom olyfolie die gesonder keuse is

4 mites oor klapperolie ontbloot

Hoe om gesigolies en -serums reg aan te wend

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Maak hierdie geurige gebak: Suurlemoenbroodjie

Is jy op soek na ’n resep vir die perfekte teetydgebak?

Close