×
Skakel na Engels

Die beste skoonheidsgeskenkpakke om hierdie Kersfees te gee

Oppas! Jy mag dalk net ’n paar vir jouself wil hou …
geskenke

Jy wil nie bekendstaan as die familielid wat die flouste geskenke gee nie! Hier is ’n paar fantastiese idees waaroor jou dierbares dol sal wees.

Pin hierdie artikel vir later! Volg Goeie Huishouding op Pinterest vir nog.

Lush se The Night Before Christmas-geskenkpak

’n Shoot for the Stars-badbom en ’n Christmas Eve-badskuimseep in die allermooiste verpakking? Ja, asseblief! Sit ons naam op dié een!

Good Earth se hande-en-naelroomstel

Hierdie geskenkpak sal enige iemand spesiaal laat voel.

The Body Shop se Frosted Berries-feesblikkie

Die geur en verpakking is o, so feestelik! Dit bevat ’n handeroom, stortjel en lyfbotter en sal die ontvanger soos ’n somerbriesie laat ruik. 

Lees ook: Ons Kersuitgawe is nou beskikbaar

Sorbet se Shooting Star-geskenkboks

Ken jy iemand wat ’n bietjie uitgebrand ná die jaar voel? Hierdie Sleep Rescue-produkte sal hulle beslis help ontspan.

Elizabeth Arden Sunflowers-stel

Die Sunflowers-reeks is een van daardie klassieke geure wat altyd in die mode sal wees! Dink dus aan dié geskenk as ’n nostalgiese, maar tydlose een.

Dermalogica se Daily Skin Health Phyto Replenish Oil-geskenkpakkie

Gee vir iemand die geskenk van ’n mooi vel present met hierdie veerligte behandelingsolie wat die vel fantasties sal laat lyk én voel.

Lancôme Matte Shaker-pakkie

A Matte Shaker-lipkleur, ’n maskara en ’n klein botteltjie La Vie Est Belle? Hierdie mag dalk ’n geskenk wees wat jy op die ou end vir jouself hou!

Lees ook: 14 wenke vir ’n ekovriendelike Kersfees

Clarins Eau Dynamisante-reeks

’n Luukse fyngeur, lyfroom en lyfskrop in ’n spoggerige toiletwaresakkie is áltyd ’n goeie geskenkidee!

Lush se Little Snow Fairy-geskenkpak

Hierdie pienk boksie bevat ’n Snow Fairy-jelliebom en ’n Snow Fairy-stortjel.

Stila se Stay All Day Warm & Fuzzy- vloeibare lipstiffiestel

Twee van Stila se ikoniese mat lipstiffies, asook ’n voorskou van hul nuwe glimmende lipstiffie wat volgende jaar bekendgestel word – alles in een geskenk! 

DKNY Be Delicious-ministel

Ken jy iemand wat dol oor die Be Delicious-reeks is, maar nooit hul gunsteling kan kies nie? Danksy hierdie minitrio hoef hulle nie te kies nie!

Glow Bath Pamper-stel

Hierdie feestelik boksie bevat ’n lyfskrop, ’n lyfseep, badsout en ’n skuimbal wat alles hemels ruik!

Lekker inkopies doen!

FOTO: iStock/shansekala

LEES OOK:

Klop Kersfeesstres

Ons 10 beste Kersfeeskoekie-resepte

Jou vooruitwerk-tydplan vir ’n tradisionele Kersete

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
16 geskenkidees vir jou man onder R300

Bederf jou man hierdie feestyd!

Close