×
Skakel na Engels

Ses van die beste sellulietrome

Stryk dit uit!
selluliet

Moeder Natuur het ’n wrede streep. Al hou ons getrou by ’n gesonde eetplan en aktiewe leefstyl word die meeste vroue deur selluliet geteister. En as dié lemoenskil-voorkoms eers vatplek gekry het, klou dit om lewe en dood. Genadiglik is daar rome, jels en serums wat jou vel glad en ferm kan maak om die voorkoms van selluliet te help verminder. Hier is ses van ons gunstelinge.

Pin hierdie artikel vir later! Volg Goeie Huishouding op Pinterest vir nog.

1. Skin Strategy Body Cellulite Serum

Met sy kombinasie van plantekstrak, vitamienes en antioksidante, staan probleemareas nie ’n kans teen hierdie serum nie. 

2. Dr. Organic Royal Jelly Cellulite Cream

Hierdie room maak gebruik van bioaktiewe, natuurlike en organiese bestanddele om sirkulasie te help stimuleer om dimpels en duike te verminder. 

3. Natraloe Anti-Cellulite Cream

Dié room, wat aloe bevat, word nadat jy gestort het in jou vel ingesmeer en bevorder selvernuwing en ’n gladde vel.

Lees ook: 5 maniere om selluliet te laat verdwyn

4. Herbex Cellulite Gel

Hierdie jel is met ’n klinies beproefde kruiesamestelling geformuleer wat die voorkoms van selluliet verminder. 

5. Nivea Firming Good-bye Cellulite Gel-Cream

Die beproefde en betroubare handelsmerk Nivea help nie net met selluliet nie, maar ook met die verferming van liggaamsdele soos die bobene, maag en arms. 

6. Doctor Eckstein Beautipharm Lotion Anticellulite

Ja, dit ís duur, maar hierdie room het ’n reuse-aanhang in Suid-Afrika én die buiteland. Want dís hoe goed dit is!

FOTO: iStock/macniak

LEES OOK:

Droogborsel: Wat is dit en hoekom moet jy dit doen?

Fermer boude en bobene

Goed wat jou ouer maak, van binne en buite

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Liggaamskontoering: die sleutel tot ’n gladde vel en minder selluliet

Tot siens, dimpels en duikies! Deur Helen Wallace

Close