×
Skakel na Engels

Die beste kopies vir ’n skoonheidslapie wat wérk

Hallo, droomland!
skoonheidslapie

Daar’s ’n rede hoekom ons dit ’n skoonheidslapie noem. Ons liggaam herstel terwyl ons slaap en herlaai sy krag vir die nuwe dag sodat jy goed kan lyk en voel. Hier is ons topkeuse van skoonheidsprodukte vir saans wat jou sal help om die meeste voordeel uit jou skoonheidslapie te put:

Kiehl’s Midnight Recovery Concentrate

Dié voedende gesigolie is propvol essensiële olies en plantmiddels wat jou sal help om in te sluimer. Dit sal nie net jou vel bevog hou nie, maar ook ’n moeë, geïrriteerde vel streel en help om fermheid en elastisiteit te verbeter. Jy sal selfs mooier lyk wanneer jy wakker word as toe jy gaan slaap het!

 

Estée Lauder Advanced Night Repair Synchronized Recovery Complex II

Teen dié tyd weet ons al hoe belangrik dit is om ’n serum by jou skoonheidsroetine in te sluit, aangesien dit ’n gekonsentreerde dosis aktiewe bestanddele bied en die vel beter indring sodat die produk sy werk kan doen. Dié sterproduk van die betroubare skoonheidshandelsnaam Estée Lauder beveg al die tekens van veroudering terwyl jy heerlik in droomland dwaal.

Lees: 3 redes om op ’n satynkussing te slaap

Elizabeth Arden Eight Hour Cream Skin Protectant Nighttime Miracle Moisturizer

Hierdie room is ’n groot gunsteling onder baie vroue omdat dit intense bevogtiging bied terwyl jy slaap sodat jy met ’n mooi plomp vel kan opstaan. Dis ook wonderlik vir mense met ’n probleemvel, veluitslae of inflammasie omdat dit lig dog doeltreffend is. En die beste van alles? Behalwe vir fantastiese resultate hou dié produk boonop lank wat jou waarde vir geld bied.

Nivea Perfect & Radiant Facial Night Cream

Nivea is al jare lank ’n betroubare handelsnaam. Hierdie room, wat deel van Nivea se Perfect & Radiant-reeks is, vernuwe die vel en help selvernuwing aan, wat presies is wat jy van ’n nagroom wil hê. Dit balanseer ook die gelaat en herstel die natuurlik egalige veltoon van ’n jeugdige vel. Koebaai, ouderdomsvlekke!

 

Lees: 5 redes hoekom jy nie met grimering aan moet slaap nie

Lush Sleepy Body Lotion

Dié lyfroom is een van Lush se beste skeppings en boonop baie gewild aanlyn – en met rede! Die kombinasie van vanielje en laventel help mense wat sukkel om aan die slaap te raak om vinniger in te sluimer. Wend dit voor slaaptyd aan om jou te help kalmeer en rustig te slaap. Dit werk soos ’n bom!

beauty sleep, night, lotion, body, skin, skincare, lush, calm, relaxing, lavender

Lush Sleepy Body Lotion / R265 vir 215 g

Sorbet Sleep Rescue Forty Winks Pillow Mist

Die onvermoë om aan die slaap te raak, hetsy weens stres of slapeloosheid, kan jou liggaam en veral jou vel nadelig beïnvloed. Dis hoekom dit so belangrik is om genoeg slaap te kry as jy op jou beste wil lyk. Hierdie kussingsproei van die plaaslike handelsnaam Sorbet bevat laventel- en ander essensiële olies wat jou sal help om aan die slaap te raak. Lekker slaap!

Foto: iStock/DeanDrobot

LEES OOK:

Gaan jy jonger lyk as jy op jou rug slaap?

Eet dít om beter te slaap

Wat jou slaapposisie van jou sê

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
7 stappe wat enige iemand in ’n oggendmens kan verander, volgens ’n sielkundige

Om geel te dra is een daarvan!

Close