×
Skakel na Engels

Die beste kleur om dié somer te dra volgens jou sterreteken

Jy kan jou sterre dank … of vir ons 😉
beste kleur

Almal het ’n “kragkleur” – ’n skakering wat hulle goed laat lyk én voel. Om uit te vind wat daardie kleur is kan egter ’n bietjie moeilik wees, veral op besluitelose dae. Hoekom probeer jy nie volgens jou sterreteken aantrek nie – dit kan dalk net jou dag maak!

Pin hierdie artikel vir later! Volg Goeie Huishouding op Pinterest vir nog. 

Jou sterreteken-stylgids

Waterdraer (21 Jan. – 19 Feb.)

Hoe meer onkonvensioneel, hoe beter! Treffende kleure pas Waterdraers die beste. Probeer dus gerus helder kleure soos violet.

Vis (20 Feb. – 20 Mrt.)

Helder kleure is nie jou beste maats nie, maar wit en geel sal wondere vir jou sagte geaardheid verrig.

Ram (21 Mrt. – 20 Apr.)

Rooi is ideaal vir die vurige en geesdriftige Ram. Probeer helder skakerings van skarlakenrooi op dae wanneer jy groot besluite moet neem. As jy gedurende jou somervakansie wil ontspan, kies eerder wit en pienk omdat dié kleure ’n kalmerende uitwerking op Ramme het.

Bul (21 Apr. – 21 Mei)

Vermy rooi omdat dié kleur ’n negatiewe uitwerking op jou het. Hemelsblou en aardse skakerings soos beige en grysbruin sal jou persoonlikheid die beste pas.

Tweeling (22 Mei – 21 Jun.)

Dra groen as jy na groei en kreatiewe energie smag. As groen skakerings jou nie aanstaan nie, kies pienk, swart, wit en rooi om jou ware Tweeling-potensiaal te ontsluit.

Kreef (22 Jun. – 23 Jul.)

Geel is jou staatmakerkleur! Rooi lipstiffie kan help om jou op te kikker, maar dit kan ook ’n opstandige uitwerking hê. Dra dit dus versigtig.

Leeu (24 Jul. – 23 Aug.)

Beklemtoon jou dinamiese en charismatiese geaardheid deur helder skakerings van oranje te dra. Pers, goud en rooi sal ook die beste in Leeus na vore bring.

Maagd (24 Aug. – 23 Sept.)

Kies mos- en bottelgroen kledingstukke vir daardie dae wanneer jy ’n bietjie opkikkering nodig het. Pastelkleure is ook ideaal vir die Maagd-temperament.

Weegskaal (24 Sept. – 23 Okt.)

Dra blou om die balans en harmonie te simboliseer wat jy met soveel gemak in die lewe handhaaf. 

Skerpioen (24 Okt. – 22 Nov.)

Pastelkleure is dalk sinoniem met die somer, maar nie met die misterieuse aura van die Skerpioen nie. Rooi, swart en skakerings van karmosyn- en skarlakenrooi sal jou energie baie beter komplementeer.

Boogskutter (23 Nov. – 22 Des.)

Belê in ’n paar wit linnekledingstukke vir die somer aangesien dié kleur jou verlig en ontspanne laat voel.

Steenbok (23 Des. – 20 Jan.)

Jou verstandigheid maak jou aangetrokke tot ernstige kleurkombinasies. Monochromatiese uitrustings van swart en wit items sal jou sakepotensiaal ontsluit.

FOTO: iStock/Michael Krinke

LEES OOK:

7 vleiende modeneigings om in 2017 te probeer

Hoekom verskil mans en vroue se hempsknope

Die gewildste naelmodes vir die somer

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Ons is dol oor Dulux se nuwe kleur van die jaar!

Kry inspirasie vir hoe om hierdie nuwe kleur in te span

Close