×
Skakel na Engels

Die beste getinte bevogtigers vir ’n somermooi vel

’n Getinte bevogtiger is jou nuwe beste vriend!
getinte bevogtigers

Dis ’n feit: Die meeste van ons lyk beter met ’n tikkie onderlaag, al is dit net om ’n egalige voorkoms te skep en vlekkies te verbloem. Maar nie almal van ons het soggens tyd vir ’n volledige velsorgroetine nie.

Pin hierdie artikel vir later! Volg Goeie Huishouding op Pinterest vir nog.

Dis wat ’n getinte bevogtiger so effektief maak – dit help om jou vel te bevog en verleen terselfdertyd ’n subtiele sweempie kleur om jou gelaat ’n egalige en gloeiende voorkoms te gee. Hier is ’n paar van ons gunstelinge om te verseker dat jou vel heelsomer op sy beste lyk.

Estée Lauder DayWear Multi-Protection Anti-Oxidant Sheer Tint Release Moisturizer 

Hierdie wonderlike formule gee jou vel nie net ’n lieflike, gesonde kleur nie; dit beveg ook die tekens van vroeë veroudering.

 

La Roche-Posay Anthelios XL 50+ Tinted Fluid

Dit is ’n beslommernis om jou sonskerm deur die loop van die dag weer aan te wend as jy reeds gegrimeer is. Verruil jou onderlaag vir hierdie hoë SBF-sonskerm en jou probleem is opgelos.  

Lees ook: 5 taboes wanneer jy bevogtiger aanwend

Clarins HydraQuench Tinted Moisturizer

’n Bevogtiger wat nie net vir ’n egalige veltoon sorg nie, maar jou vel hidreer en fyn lyntjies en plooie tot ’n minimum beperk? Ja, asseblief!

Dr. Hauschka Tinted Day Cream

Hierdie dagroom skakeer by jou velkleur in en reguleer die produksie van akneevormende olies. 

Eau Thermale Avène Hydrating Skin Tone Perfector

Hierdie getinte bevogtiger, wat met warmbronwater geformuleer is, vervolmaak jou gelaatskleur en is geskik vir selfs die mees sensitiewe velle. 

Lees ook: Ons ontbloot agt algemene mites oor grimering en velsorg

Bioderma Photoderm AR SPF 50+ Tinted Cream

Die somer is hier, wat beteken dat jou vel ekstra beskerming nodig het. Hierdie getinte sonskerm van Bioderma help om jou vel vlekkeloos te hou en sonbrand te voorkom. 

Bobbi Brown Nude Finish Tinted Moisturizer SPF 15

Vir ’n volmaakte “ongegrimeerde” grimeervoorkoms, kan jy nie’n fout maak met dié produk nie. Dit sal jou help om moeiteloos perfek te lyk. As almal maar net jou geheim geken het!

FOTO: iStock/GMint

LEES OOK:

7 wenke om elke druppel van jou skoonheidsprodukte te gebruik

Jou gids tot velsorgbestanddele

Kies die regte verbronser

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Die beste bekostigbare bevogtigers om jou deur die winter te help

Hou jou vel – en jou beursie – gelukkig

Close