×
Skakel na Engels

Die anatomie van jeans met die perfekte snit

Bekostigbare jeans wat pas en vlei – wat meer wil ’n vrou hê?
perfekte snit

’n Goeie snit, gemak, styl en gehalte is waarna vroue soek wanneer hulle die perfekte jeans kies, maar dit is dikwels ’n uitputtende proses. Miladys het WonderFit-tegnologie ingespan en hul uitgebreide insig van wat vroue wil hê wanneer dit by mode kom, gebruik om jou te help om ’n denimbroek te kry wat perfek pas.

Dit is vir baie vroue ’n uitdaging om die perfekte snit te kry, want in die meeste gevalle pas dit dalk reg oor jou sitvlak, maar nie om jou middel nie, of die snit is nie vleiend nie, of dit is te wyd of te knap om jou bene. Miladys gebruik gevorderde materiaaltegnologie vir hul WonderFit-jeans. Dit verslank van binne en die versteekte nate lig jou sitvlak sodat dit jou figuur komplementeer.

Wat maak Miladys se WonderFit-jeans so vleiend?

Dit stryk jou maag plat

Die hoë middellyn en die feit dat die voorste sakke in die ritssluiter ingestik is, beteken dat hierdie jeans jou van binne slanker laat lyk omdat dit jou maag platstryk en jou kurwes vlei.

Dit lig jou sitvlak

WonderFit-jeans is ontwerp om jou sitvlak slanker te laat lyk en dit te vorm en te lig met ’n jukstrook wat strategies geplaas is. Dit het ook pylnate agter en laer sakke aan die agterkant. Al hierdie elemente werk saam vir ’n uiters verslankende effek.

Dit laat jou silhoeët slanker lyk

Die kombinasie van slim pylnate aan die kant, rekbaarheid en die effens hoër snit gee jou ’n gladde, slanke silhoeët en steek maagvetjies weg.

Dis ekstragemaklik

Die rekbaarheid verbeter nie net jou vorm nie, maar is ook regtig gemaklik. En omdat die snit effens hoër as dié van gewone jeans is, bly dit in posisie en is gemaklik om in te sit.

Lees: Jeans is sommer heelwat sexiër…

Kies ’n styl wat jou pas – of albei!

Die vleiende regaf broekspype:

  • ’n Regaf snit van heup tot enkel. Nie te lospassend nie, nie te styf nie. Dis die perfekte mengsel.
  • TOPWENK: Hou jou skoene vroulik, soos klassieke hofskoene of elegante hakskoene.
  • Beskikbaar in nommers 32 tot 50; vanaf R339.
  • Beskikbaar is blou, swart en effens verbleik.

Die langer stewelpyp:

  • Noupassend om die heupe en klok van die knie af uit.
  • TOPWENK: Dra ’n nousluitende top of steek jou bloes in. Dra dit saam met hakskoene, want jy het ’n bietjie lengte nodig om hierdie voorkoms te laat werk.
  • Beskikbaar in nommers 32 tot 50; vanaf R339.
  • Beskikbaar in blou en swart.

Nou in Miladys-winkels beskikbaar, of kliek hier vir nog inligting.

WonderFit-tegnologie word in hierdie video verduidelik: 

LEES OOK:

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
8 dinge wat ons almal al ervaar het wanneer ons jeans koop

Almal wat al ooit jeans gekoop het, sal hierdie gevoelens verstaan ...

Close