×
Skakel na Engels

Die 10 gewildste vrae wat in 2017 gegoogle is

Hoeveel keer het jy al vandag iets gegoogle?
gegoogle

Het jy al ooit gewonder hoe ons vandag sonder Google sou klaarkom? Dit word daagliks deur miljoene mense oor die wêreld heen gebruik, hetsy dit is om uit te vind hoe jy eenvoudige takies in en om die huis doen, en of jy sekere feite wil nagaan. Ons tik gereeld die woorde “hoe om” in Google in, maar het jy al gewonder waarvoor mense wêreldwyd Google die meeste gebruik? Hier is die “hoe om”-vrae wat die meeste in 2017 gegoogle is:

Pin hierdie artikel vir later! Volg Goeie Huishouding op Pinterest vir nog.

10. Hoe om van maagvet ontslae te raak

Dis ’n vraag wat vroue oor die wêreld heen al eeue lank vra. Is jy op soek na kosse en oefeninge wat jou sal help om van daardie muffinmagie ontslae te raak? Jou ingewande en spysvertering speel ’n groter rol as wat jy dalk dink … Kliek hier om uit te vind hoekom jy so sukkel om van dié vetjies ontslae te raak, en ook wat dit vir jou gesondheid beteken.

9. Hoe om Franse roosterbrood te maak

Hoewel dit heerlik is, hoef jy nie tradisionele Franse roosterbrood te maak nie. Probeer ons weergawe – spek-en-broodgebak.

8. Hoe om ’n dekbrief te skryf

Doen jy aansoek om ’n nuwe werk? Kyk hierdie tutoriaal oor hoe om ’n goeie dekbrief vir jou CV te skryf:

7. Hoe om pannekoek te bak

Dit hoef nie noodwendig reënweer te wees vir ons om na pannekoek te smag nie! Dit bly maar ’n wenner. Nooi jou vriendinne oor en maak hierdie pannekoeke met ’n piesang-en-karamelvulsel

6. Hoe om geld te maak

Bevind jy jouself in ’n finansiële verknorsing? Dalk kan jy spaar wat jy reeds het! Hier is ’n paar klein veranderinge wat jy hierdie maand kan maak om jou jou rande te help rek.

via GIPHY

5. Hoe om te teken

Wie sou kon raai dat ’n tekentoets die vroeë tekens van Parkinson se siekte kan identifiseer? Navorsers het ’n praktiese toets geïdentifiseer wat gebruik kan word om die vroeë fases van dié siekte te diagnoseer. Lees hier meer oor dié studie. 

4. Hoe om gewig te verloor

Ons wil almal die antwoord op dié vraag weet, maar kits- en drastiese diëte is nie die gesondste oplossing nie. ’n Paar leefstylveranderinge kan dié uitdaging minder intimiderend laat lyk. Kliek hier vir ’n paar veilige voedingstrategieë om vinniger gewig af te skud.

3. Hoe om swanger te raak

As julle probeer swanger raak, lees hierdie nuttige wenke – dit kan die wêreld se verskil maak!

2. Hoe om te soen

Om iemand te soen is nie net ’n manier om jou liefde en aangetrokkenheid te betoon nie, dit hou ook talle gesondheidsvoordele in. Het jy geweet soene kan jou langer laat leef? Kliek hier vir nog voordele daarvan om iemand te soen. 

via GIPHY

En die “hoe om”-vraag wat die meeste gegoogle is, is … 

1. Hoe om ’n das te knoop 

Kyk hierdie nuttige video oor hoe om ’n das binne 10 sekondes te strik!

Hooffoto: iStock/izusek

LEES OOK:

Die mees gesogte juweliersware op Google

UITEINDELIK kan jy dít op WhatsApp doen!

10 gewildste SA selebs op Instagram

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
7 maniere om jou klerekas gereed vir die somer te kry

Hierdie staatmakerkopies en -tendense sal jou klerekas nuwe flair vir die somer gee!

Close